s

Donderdag, 29 Julie 2010 # Duisende lede van die Vereniging van Staatsamptenare het in stede oral in die land betoog ter ondersteuning van hulle eise vir beter salarisverhogings en voordele. Hulle het vanoggend begin staak. # Die minister van die Staatsdiens en Administrasie, Richard Baloyi, gaan later vandag met vakbonde vergader in ‘n poging om te verhoed dat Cosatu-lede ook by die staking aansluit. As die onderhandelings misluk, beplan 1,3-miljoen staatsamptenare om volgende week te begin staak. # Die verhoor van die veroordeelde dwelmbaas, Glenn Agliotti, is vandag vertraag nadat die opneemtoestel en mikrofone vanuit die hofkamer by die Johannesburgse hooggeregshof gesteel is. # AfriForum Jeug het vandag ’n bewusmakingsveldtog, waarin skokkende inligting oor die afskaffing van Afrikaans op Tuks bekendgemaak is, geloods. Hierdie inligting bestaan uit statistiek wat daarop dui dat Afrikaans op Tuks heeltemal afgeskaf sal wees teen 2015 indien daar nie dringend ingegryp word nie. # Die ministerie van Gesondheid moedig hoërisiko-pasiënte wat nog nie teen die H1N1-griepvirus ingeënt is nie, om so gou moontlik hulle naaste openbare gesondheidsinstelling te besoek. Die landwye veldtog loop môre ten einde. # 'n Spaanse toeris is vermis ter see ná 'n Turkse toerboot aan die brand geslaan en in die Middelandse See gesink het. Beamptes in Turkye sê agtien toeriste en vyf bemanningslede het in die water gespring nadat die boot gisteraand aan die brand geslaan het. # Somaliese seerowers het vandag 'n Turkse vragskap wat hul vier maande gelede gekaap het, verlaat. Dit is sedert vanoggend onder beheer van die kaptein. # En laastens…Motors gaan gesonder en vriendeliker word. Nuwe Nissan-modelle gaan lugversorgers kry wat vitamien-C uitblaas, en sitplekke wat spanning verlig. Die vervaardiger oorweeg ook vriendelike spoedmeters wat die atmosfeer binne sy modelle verbeter met tydige herinnerings aan herdenkingsdatums of verjaarsdae. Vir enige navrae skakel die kantoor op 056 343 2076/7

OVERVAAL
GEBEURE 

 
Damestee 2010
Dameskamp
2010
GE-SENSOR
(NIE VIR SENSITIEWE KYKERS NIE)
AARDKLOP
 2009

Ateljee Besoekers

Nuusbrief

TALENT KOMPETISIE

PRAATJIES

 

     

   

 
                         

ADVERTENSIE AANBOD
(Druk hier indien u belangstel om op die webblad te adverteer)

?
     

 

 

Huisgenoot se TEMPO toekennigs word bekend gestel!

  
Lianie May             Ignaz en Bobby v Jaarsveld
   

OVERVAAL ALGEMEEN




 
 

Kontak ons per foon, SMS of E-pos:

 

Die Weervoorspelling:

Synoptic Chart
Synopties
MinTemp | MaxTemp

 
FOKUS DIE
MAAND OP ...

(Druk op foto vir meer)