...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 

Aardklop 2018 se Loodsprogram,
Overvaal was daar

 
Aardklop 2018 is op die voorstoep!
2-7 Oktober 2018 sal die geklop weereens oorverdowend wees in ons gebied!


Ignaz en Chrisna het die loodsprogram by 2 Owls gastehuis bygewoon.

Alexa Strachan het meer vertel oor wat die jaar by die fees verwag kan word en weereens dek hulle alles. Groot nuus is dat Nataniël fees toe kom en ook die Parlotones.

Die ander lekker was om te hoor van die Aardklop "toep" wat seker gaan maak ons fees sonder probleme. Dis 'n hoogtepunt vir die Aardklop span wat ook ontvang is met luide applous!

Overvaal Stereo is besig met ons onderhandelinge om weer die Jaar regstreek vanaf Aardklop uit te saai. Ons bring al vir baie jare die gees van fees tot binne ons luisteraars se sitkamers en die wat werk kan net so lekker saam fees!
 

Die gaste en media was behoorlik bederf met heerlike eetgoed en 'n verskeidenheid van drinkgoed, maar ons het maar vir die koffie gegaan!

 
     
 


2 Owls Gastehuis is 'n borg vir Aardklop en is 'n lieflike plek.

Ons sal beslis meer oor Aardklop kom skryf, vertel en uitsaai maar geniet 'n paar foto's wat Ignaz hulle saam gebring het.

Kaartjies kan ook vanjaar aanlyn gekoop word vir die talle produksies by TicketPro.

Soos hulle sę - daar is 'n stoel vir elkeen, en as die stoel jou pas... kom fees saam!



Toegang is slegs R30 hierdie jaar.

Hou die kunste lewendig en wees daar!...

 


Japie Gouws (Direksievoorsitter), Alexa Strachan (Feesbestuurder),
Bosman Purén (Bedryf & finansies), Delmari van Zyl (Borge & Bemarking)

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com