...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
Jacques en Jessie het hulle program op Valentynsdag, 14 Februarie, regstreeks vanaf Mike's Kitchen Klerksdorp uitgesaai.
 
Direkte uitsending vanaf 28 September tot 1 Oktober vanaf die Alfa Expo in Parys.
 
 
Jacques en Jessie het Dinsdag 27 September hulle program tussen 09:00 en 12:00 vanaf die Potch Dienssentrum uitgesaai.
 
 
SATERDAG 24 September het ons Braaidag gevier by die Leeukuil Bierfees in Leeudoringstad.
 
 
Op Saterdag 13 Augustus het Nelda Vermeulen haar program vanaf Suzuki Klerksdorp uitgesaai.
   
 
Jacques en Jessie het op Vrydag 12 Augustus hulle oggendprogram vanaf die Parys Biltongfees uitgesaai.
 
Hanlie Barkhuizen en Martin Havenga het Saterdag 6 Augustus aan die oewer van die Vaalrivier by die Klipspruit Rivierfees buite Leeudoringstad gekuier.
 
   
   
   
   
Overvaal Stereo het op Saterdag 28 Mei ‘n direkte uitsending vanaf die Hoopfees in Parys gehad.
 
   
   
   
   
   
 
Overvaal Stereo was ‘n mediavennoot van die Boeretroos Fees wat op Saterdag 16 April by Stonehenge in Africa op die walle van die Vaalrivier buite Parys aangebied is.
 
   
   
   

Overvaal Stereo het op Vrydag 15 April en Saterdag 16 April regstreeks vanaf die Hervormde Kerk Potch-Noord se Hartklopfees uitgesaai.

   
   
   
   
   
 
Ons het Saterdag 27 Februarie by Greylingsdrift tussen Makwassie en Wesselsbron gekuier. Die Rondevlei Hengelkompetisie het reeds Vrydagmiddag afgeskop. Hierdie kompetisie is ten bate van die Tehuis vir Bejaardes op Wolmaransstad aangebied. Die 1ste prys vir die swaarste Karp bo 10kg was 'n NISSAN NP 200 BAKKIE. Hierdie prys is nie gewen nie.
 
   
 
Overvaal Stereo het Saterdag 6 Februarie 'n buite-uitsending by La Rouge Gasteplaas se bruidskou op die Bothavillepad gehad.
   
   
   
   
 
Neels en Marius was Saterdag 17 Oktober by GWM in Klerskdorp met 'n buite-uitsending. Die SA Nasionale Bloeddiens het ook 'n mobiele kliniek daar gehad waar die publiek kon bloed skenk.
 
   
 
Parys Laerskool se sportgronde was Saterdag 12 September lekker besig tydens die Fun2Chino Netbaldag. Spanne van so ver as Hartbeesfontein en Heilbron het deelgeneem en Overvaal Stereo was die mediaborg van die dag. Jacques Smith het saam gekuier en sommer sy netbaltegnieke opgeknap.
 
   
   
   
 
 
Ons het 'n heerlike buite-uitsending in Klerksdorp gehad op Saterdag 12 September tydens die Ned. Hervormde Kerk Deqlerkville se Dankfees. Johann Malan en Martin Havenga was daar en het die feestelikhede, veteraanmotors, motorfietstoertjies en meer afgeneem.
 
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
 

Overvaal Stereo was by die opening van Ackermans se nuwe winkel in Viljoenskroon op Donderdag 10 September.

   
Gelukkige luisteraars met 'n R250 koopbewys van Ackermans Johan en Martin voor Ackermans se nuwe tak
   

Takbestuurder, Leatitia Deysel, Johann Malan en Ackermans se
streeksbestuurder, Marlien van der Merwe
   
 
   

Neels Britz en Martin Havenga saam met Sanet van Wyk van Megasave Potchefstroom tydens Saterdag 5 September se buite-uitsending.

 
 

Rally - Fochville

 
   
   
   
 
 

Opedag by Ferdinand Postma Hoërskool - Potchefstroom

 
Skaak is groot by Ferdies! Lede van Ferdinand Postma se VRL saam met die bemarkingsbestuurder,
Suzette du Toit, die adjunkhoof, Tersia Prinsloo, die skoolhoof, mnr Antoon Labuschagne en Ferdie die Wolfie
   

Johannie en Zanett Swanepoel Gr12 VRL
   
 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com