...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 

CHRIS DE BURGH IN SUID AFRIKA...

Overvaal se Ignaz het die Chris de Burgh konsert gaan bywoon. Dit was in Pretoria.

Daar was duisende mense en die verkeer na die konsert was die oorsaak dat baie mense maar dood eenvoudig ure in die voertuie moes sit en wag.

Chris se vertoning was puik en die beligting was wonderlik.

Die mense wat langs Overvaal gesit het , het vir de Burgh in 1977 Suid Afrika toe gebring en het Overvaal toegelaat om 'n foto van die onthou te neem.

Die dame wat voor ons gesit het, het ons gekroon as die grootste Chris ondersteuner, verseker. Sy was die toonbeeld van jouself geniet, gesing en gedans en elke oomblik van haar kuier geniet.

Overvaal Stereo is ook voorts deel van BIG CONCERTS se medialys na onderhandelings en dit is 'n groot boorreg vir die stasie.

Daar was ook 'n regstreekse oorskakeling vanaf die konsert.

Geniet 'n paar fotos en maak seker jy mis nie die volgende internasionale konsert nie, die bietjie ry, wag vir die verkeer en tou staan is alles die moeitewerd.

Dankie Big Concerts en Dionne dat ons kon gaan saam kuier...

 
   

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com