ANNALISE WIID - POTCHEFSTROOM
Annalise Wiid: "Kyk haar o" - Vrydag 23 Junie om 19h00. "Kyk haar o" is 'n verhoogstuk bestaande uit "songs" en stories geskryf en aangebied deur die bekende sangeres en rubriekskrywer Annalise Wiid. Kom geniet die aand saam met haar by die NHK Potch Noord se ouditorium die 23 Junie om 19:00. Vir kaartjies skakel 018 294 4882 of koop by die deure die aand @ R100pp of besoek www.mooirivierevents.co.za vir meer inligting. Nederduits Hervormde Kerk Potch Noord - 15 Hennie Bingle Straat, van der Hoffpark.
PAWS MARK - POTCHEFSTROOM
Die volgende PAWS mark word aangebied op 24 Junie 2017 te Viljoenstraat 2, Potchefstroom. Kom "micro-chip jou dier vir net R50! Of kom stap met 'n hond. Verskeie stalletjies sal ook hulle produkte te koop aanbied - van kos vir die hongeres tot koekies vir jou woef! Johnny Snowball sal ons ook vermaak en sal gratis jou "windscreen" chip as jy sou wou! Kom kry ook jou Pick & Pay kaarte wat jy kort in ruil vir honde / katkos / donasie. Die mark duur van 9 tot 2 en almal is welkom. Stalletjies is ook nog beskikbaar teen 'n minimale tarief (stalletjiehuur-inkomste) word aan PAWS geskenk) . Kontak Corne by 082 739 8154.
WINTERMARK - FOCHVILLE
Die Gereformeerde Kerk Buffeldorings in Fochville hou n Wintermark op Saterdag die 24ste Junie. Dit sluit n groot vleisverkoping, 5km pretdraf, genoeg kosstalletjies met heerlike kos, baie ontspanning vir die kinders en nog vele meer in!
NAMAKWALAND EN WESKUS BLOMME VAKANSIE
Jonk en oud is hartlik welkom om vanaf Vrydag 18 Augustus tot Saterdag 26 Augustus 2017 saam blomme te gaan kyk. Luukse busvervoer en n heerlike lekker vakansie vir 8 nagte. Vir navrae skakel Potchefstroom Dienssentrum by 018 293 0678.