...
 
 
 
 
 
 

  

   

 

ATELJEEGASTE

   
Jakkie Louw het Donderdag 12 Oktober by Jacques Smith in die ateljee gekuier met sy nuwe album, Party in SA. Hy het ook ons kunstenaarsmuur geteken. Noon van die gospelgroep, 2nd Life was Woensdag 11 Oktober by Jacques Smith in die ateljee.
   
Kobus Muller het Donderdag 8 September met Jacques oor sy nuwe album gesels. Anton Goosen het sy eerste nuwe album in elf jaar, Padkos, aan ons kom bekendstel. Morne het met hom gesels.

   
Len Muller was Dinsdag 29 Augustus by Jacques in die ateljee met sy nuwe album, Oog van die storm. Devon Jay Scott het Maandag 28 Augustus met Jacques oor sy debuutalbum gesels.
   
Elmé Jacobs en haar publisiteitsbeampte, Lydia Winchester het met Jacques kom gesels oor haar debuutalbum, Rooiwyn & Liefde. Lizandra Winter het Donderdag 24 Augustus met Morne Geyser oor haar debuutalbum gesels.

   
Morne Basson vanmiddag saam met Johannie de Waal in die ateljee. Sy doel is om bewusmaking te skep vir mense wat aan “Joost se siekte” lei. Hy sal einde September 31 Marathons in 31 dae op ‘n treadmill aanpak. Volg hom gerus by J9 MND Treadmill Challenge Lance James was Donderdag 13 Julie in die ateljee en het met Jacques Smith oor sy nuwe album, 60 Goue Jare, gesels
   
Rina Hugo se splinternuwe album, Sy Naam Is Jesus, is onlangs vrygestel. Sy en haar man, Johan van Rensburg het met Johannie kom gesels. Heidi het Vrydag 19 Mei met Morne Geyser oor haar debuutalbum, Wat 'n hart Laat Lag, kom gesels.
   
Willem Botha en Roux Cloete van Universal Musiek SA het op 11 Mei met Jacques oor sy nuwe album Soen en Vergeet kom gesels. Steffie Le Roux het met Jacques Smith en Jessie Lange gesels oor haar album, Vertel My. Lydia Winchester is saam met hulle.
   
Franja du Plessis het op 6 April met Jacques en Jessie oor haar debuutalbum, My Verhaal, kom gesels. Chané Valentine het Dinsdag 11 April met Johannie oor haar album, Die Verkiesing, kom gesels.
   
Die Bloemfonteinse sanger, Jacobus Silwer het op Donderdag 23 Maart met Johannie oor sy musiek kom gesels. Ruan Josh het Donderdag 23 Maart met Jacques en Jessie oor sy debuutalbum, Eggo, gesels.
   
Wolwe-Dans was 16 Februarie in die ateljee. Danré van der Spuy, Landru Ehlers, Lydia Winchester (hulle publisiteitsbeampte) saam met Jessie en Jacques. Hulle debuutalbum is "Groete van my". Die sangeres Candy Benson het Maandag 6 Maart met Jacques en Jessie oor haar tweede album, "Onweerstaanbaar", gesels. Haar publisiteitsbeampte, Lydia Winchester het ook saam gekuier.

   
Daniel Eeuwrick het Maandag 30 Januarie 2017 oor sy splinternuwe gehalte-album, Oulap se pad, met Jacques en Jessie kom gesels. Sy publisiteitsbeampte, Lydia Winchester, het ook saamgekom. Talana Vuren was Donderdag 9 Februarie ons ateljeegas met haar nuwe album, My Hart Se Kunswerk. Sy het met Jacques en Jessie gesels. Haar publisiteitsbeampte, Lydia Winchester het ook saam gekom.

   
Almur Marais het Woensdag 30 November by ons kom inloer.. Sy nuwe enkelsnit, Sterre oor Stilfontein is pas uitgereik. Jessie het met hom gesels. Die Gautengse duo en musikale broers, James & André het Donderdag 1 Desember oor hulle jongste uitreiking, Mallemeule, met Jessie kom gesels.
   
Wouter van de Venter het op Woensdag 16 November met Jacques en Jessie oor sy eerste nuwe album in 16 jaar kom gesels. Pieter Koen het Woensdag 16 November met Jacques en Jessie oor sy nuwe album, Kan nie vra vir meer, kom gesels.
   
Loriska Bubb en Franzel de Wet van MWAH het Woensdag 9 November by Jacques Smith en Jessie Lange gekuier. Manie Jackson het ons op Donderdag 20 Oktober verras toe hy oppad na die Noord-Kaap by die ateljee ingeloer het. Morne Geyser het met hom gesels oor sy nuwe album, In Duet Met Ons Legendes.

   
Jeanine is van Potchefstroom en sy het Donderdag 15 September met haar album, Liefdesdrome by Jacques en Jessie kom kuier. Kerry Lee het Woensdag 14 September met Johannie oor haar nuwe album, Dans In Die Reën gesels.
   
Richard van der Westhuizen het Donderdag 8 September met Jacques en Jessie oor sy nuwe album, Yster en Vuur gesels. Daniel Hoffmann het Dinsdag 6 September oor sy nuwe album, Niemand Anders, met Jacques en Jessie gesels.
   
Gaston Lehmann het Maandag 1 Augustus sy debuutalbum – Kitaar Is My Taal – aan ons kom bekend stel. Sy publisiteitsbeampte, Lydia Winchester het ook saam gekom. Liza Brönner het Donerdag, 4 Augustus met Johannie de Waal oor haar nuwe album gesels.
   
Elvis Blue het 28 Julie by Morne Geyser in sy program, In Die Middel Met Morne, gekuier. Jesse Harvey van Potchefstroom het Vrydag 29 Julie met Johanni oor sy album "Isaiah Flight" kom gesels.
   
Juan Boucher het Maandag 25 Julie sy nuwe album, Dis wie ek is, kom bekend stel. Shoneill en Lydia Winchester het Maandag 18 Julie by ons kom kuier met Shoneill se nuwe album.
   
Con Grazia het Maandag 11 Julie met Jessie oor hulle nuwe album kom gesels. Hulle publisiteitsbeampte Lydia Winchester het ook saam gekom. Die Ventertjies het Dinsdag 6 Julie met Jessie Lange oor hulle album, Wikkel Vingers kom gesels.

   

Cordelia het Donderdag 2 Junie saam met Johannie gekuier.

Die sangeres Demi Lee Moore het Dinsdag 28 Junie by Jacques en Jessie gekuier.

   
Charlize Berg het op 24 Mei by Jacques en Jessie kom kuier met haar nuwe album. Francois en Elizabeth Fourie het 25 Mei met Jacques en Jessie oor hulle jongste dubbel album kom gesels. Elizabeth het ook 'n nuwe kinder DVD vrygestel.
   
Maré van Heerden is 'n nuwe sangeres van Middelburg in Mpumalanga. Sy het oor haar album, Engel in die reën, met Jacques en Jessie kom gesels. Deon en Ruhan van Touch of Class het hulle nuwe album, 100 duisend perde aan die luisteraars kom bekend stel. Johannie is saam met hulle.
   
Die country-sanger, Jason Bradley en sy publisiteitsbeampte, Lydia Winchester het op 3 Mei by Jacques kom kuier. Chris Else het Maandag 9 Mei sy kitaar saamgebring en by Jacques en Jessie met sy nuwe album gekuier.
   
Anton Botha en sy publisiteitsbeampte, Lydia Winchester het op 31 Maart met Jacques en Jessie oor sy album, Plek hier in die son gesels. Brendan Peyper het Saterdag 7 Mei gehelp om Nelda se Saterdagoggend behoorlik te skud.
   
LiiLa het OP 23 Maart 2016 by Jacques en Jessie ingeloer met haar album ‪#‎LosDans. Sy is ook benoem vir 'n Ghoema-toekenning vir 2016. Duane Louw het op Woensdag 30 Maart met Johannie oor sy album, As Die Stof Gaan Lê, gesels.
   
Twee Mev Klerksdorp-finaliste, Mariëtte Jacobs en Engela Fourie het op 29 Februarie met Jacques en Jessie oor hulle talle fondsinsamelingsprojekte gesels Jan Rhaap en sy publisisiteitsbeampte, Lydia Winchester het Maandag 7 Maart vir Jacques en Jessie sy nuwe album gebring.
   
Steyn de Wet het Maandag 1 Februarie met Jacques en Jessie oor sy album, Hooglied gesels. Saam met hom is sy publisiteitsbeampte, Lydia Winchester. Manne van die Woord ATKV Vereeniging het Maandag 15 Februarie kom inloer. Hulle trap 1865km fiets tot in Kaapstad vir fondsinsameling om 'n ouetehuis vir behoeftige bejaardes in Vereeniging op te rig.
  Van links is Lukas Steyn van Viljoenskroon (gasheer op die dorp), Henk Watermeyer (7 x Ysterman wenner), Gert de Jager (72 jaar oud en trap fiets tot in die Kaap), Hein Retief (2 Jaar SA Platteland Krieket), Braam Smith en Jessie Lange.
 
Donderdag 17 Desember was beslis een vir Overvaal Stereo se geskiedenisboek want dit was die eerste keer in 21 jaar dat Steve Hofmeyr by die ateljee 'n draai kom maak het. Al ons onderhoude in die verlede was slegs telefonies of tydens Aardklop. Dankie Steve dat jy letterlik uit jou pad gegaan het om te kom inloer. <<Luister na die onderhoud wat Morne met hom gehad het>>>

   
   
   

Lemé was Vrydag 27 November ons ateljeegas met haar nuwe album, GI Jane. Jessie het met haar gesels.

Rudi Muller het 10 Desember vinnig by Jacques en Jessie ingeloer en namens Vonk Musiek 'n paar CD-geskenkpakke afgelewer wat ons vir die feesseisoen op die lug gaan weggee.

   

Clarice en die Reënboogkidz leer kinders van Jesus en Sy liefde. Sy het oo 25 November met Johannie gesels oor hulle CD en DVD

André Venter was Maandag 23 November by Johannie in die ateljee. Hy het oor sy nuwe album 'Die Man Vir Jou' kom gesels.

   

Carla Oberholzer is 'n uitsekende liedjieskrywer wat al vir Amor Vittone en Heuning geskryf het. Sy het 19 November oor haar eie nuwe enkelsnit, Jy Los My Alleen met Johannie kom gesels.

Mariëtte Jacobs (regs) organiseer ‘n modeparade in die Matlosana Mall op Saterdag 28 November ter bewusmaking van kanker. Sy het met Jacques en Jessie oor die geleentheid gesels. Sy het ook ‘n kankervegter, Adrie Bekker (links) saam gebring.
   
Die sangeres, Samy saam met Jacques en Jessie. Sy het haar nuwe album Storieboek Prins bekendgestel. Die groep, Afrikaans Herlaai saam met Jacques en Jessie.
   
JJ Stephens het Donderdag 8 Oktober met Jessie gesels oor sy album: "Something Like Neil Diamond" Sharoney het Woensdag 30 September met Johannie
oor haar album gesels
   
   
Roux en Christi Cloete oop Vrydag 25 September saam met Johannie in Momentum. Roux het sommer sy kitaar saamgebring en ‘n paar akoestiese liedjies gesing. Jennifer Zamudio het 29 September in die ateljee met
Morne Geyser oor haar nuwe CD gesels.
   
   
Die sanger, Alexander en sy publisiteitsbeampte, Lydia Wynchester saam met Morne Geyser in die ateljee. Die kitaarspeler Hennie de Bruyn was 16 September in die ateljee. Hennie de Bruyn & die Kitaarkêrels se album Weskus Snare is pas vrygestel. Hy het met Johannie gesels.

   
   

Ons stasiebestuurder, Lynne Derksen en Bok van Blerk.
Bok het Vrydag 4 September by ons kom inloer.

Johannie de Waal Esterhuizen in die ateljee saam met die
sanger Juan Ray.
   
   
Die sanger Dillon Lerm het Woensdag 9 September by Morne Geyser in sy program gekuier Johannie De Waal Esterhuizen en Zurilda in die ateljee
 

ONDERHOUDSWERK OP GROOTKOP - DESEMBER 2015

 
Martin Havenga en ‘n tegniese span van Johannesburg het op Sondag 13 Desember onderhoudswerk en verstellings aan ons antennas en toerusting by ons toring op Grootkop gedoen. Die antennas is 30 meter hoog op die toring en dit het bykans 10 ure in die hitte en son geneem om alles na te gaan. Die mikrogolfskakel tussen die ateljee in Viljoenskroon en die toring (soos die kraai vlieg is dit 25,3 km) is ook nagegaan.
   
   
   
   
   
   
   

DIESELFONDS

 

As gemeenskapsradiostasie is Overvaal Stereo afhanklik van adverteerders, borge en luisteraars om op die lug te bly. Daarom is dit moeilik om die maandelikse boeke te laat klop as ons weens beurtkrag al hoe meer geld aan diesel moet spandeer om die kragopwekkers te laat dreun.

Overvaal Stereo het daarom op Vrydag 12 Junie 'n Diesel-telethon aangebied waar luisteraars, besighede en adverteerders 'n paar ekstra Rande tot ons dieselfonds bygedra het.

   
   
   
   
   
   

Die finaliste van "Ons soek die stem" het die laaste naweek in Junie 'n slypskool by Voorbegin Wilds Lodge buite Bothaville bygewoon. Ignaz Streicher is agter saam met hulle en Jessie is voor in die middel.

 
 
 

SOEK DIE STEM - MATLOSANA MALL

Overvaal Stereo het op 18 Mei 2015 na 'n nuwe stem gesoek by die Matlosana Mall in Klerksdorp.

Talle hoopvolle kandidate het oudisies afgelê.
 

   
   
   
   
     
     

   

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com