...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 

Gee n kort agtergrond oor jou loopbaan in radiowese?
Ek is reeds tien jaar by Overvaal Stereo. Het as deurnag-omroeper begin uitsaai. Daar het ek myself gevind.

Wat was tot dusver die vreemdste ding wat in die ateljee gebeur het?

Toe die nuus uit my hand glip en alles op die vloer beland! Ek was nie seker of ek die mikrofoon moet insluk afsit nie.

Wie was die vreemdste onderwyser wat jy op skool gehad het?

Almal het gehelp skaaf aan wie ek vandag is vreemd of nie. Dankbaar vir hulle almal al het ek gedink hulle is almal vreemd om elke dag so vroeg op te staan vir skool.

As jy 'n dag lank 'n animasiekarakter kon wees, wie sou jy wou wees en hoekom?

Casper the Ghost...julle sou my gereeld gemis het. Rus en vrede.

Wat is die vreemdste liedjie wat jy al ooit gehoor het?

Daar is te veel. Ek kan nie een uitsonder nie. A.G Visser het ges, "hou jou bek dan bly jou flenters heel"... ek pas dit toe.

Hoe het radio verander sedert jy begin het?

Radio is meer gemaklik. Dis nie meer so styf en aangeplak soos jare gelede nie. Dit is mense wat met gewone mense werk.

Is jy 'n oggendmens?

Nee.

Watter ander werk het jy al gedoen?

Alles waar aan jy kan dink. Hard gewerk in my lewe...

Jou gunsteling kunstenaar?

Almal wat weet hoe om die bedryf te hanteer. Elke kunstenaar wat onthou vanwaar hulle kom en nie vergeet waarheen hulle oppad is nie. Daar is 'n paar van hulle wat hierdie deel verkeerd verstaan.

Wie se musiek sal ons verbaas wees om uit te vind jy luister?

Bob Marley

Die lekkerste deel van jou werk?

Sonder twyfel die oordenkings. En nee - oordenkings word nie vir ons geskryf nie...

Die slegste deel van jou werk?

Wanneer ek 'n naam in die nuus verkeerd uitspreek. Dan is my dag sommer omgekrap en die res van die uitsaai vir die dag.

Wat sou jy nog eendag wil doen?

Ek het alles gedoen wat ek graag wou doen. Wat volg is net 'n bonus vir my.

Wie was jou mentor in die bedryf?

Almal wat die weg gebaan het vir om vandag te kan uistaai. Ek kan nie een persoon uitsonder nie.

Watter onderhoud sal jy altyd onthou en hoekom?

Elke onderhoud is 'n hoogtepunt maar my onderhoud met Wilna Snyman was 'n voorreg.

Wat weet luisteraars nie van jou nie?

Glo dit of nie, ek pes 'n foon. Moet my nie bel nie. Stuur eerder n sms. Ek raak benoud as my foon lui. Ek antwoord hom selde.

Glo jy in VVV's?

My geheim.
 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com