...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 

 

Gee ‘n kort agtergrond oor jou loopbaan in radiowese?
Het in September 1995 begin by die destydse Radio Koppies as klankingenieur. Tiener Tempo was my eerste program waarin ek begin uitsaai het op Grootkop. Van daar was my volgende program Ditjies en Datjies saam met Phillip Hartslief.

Wie was die vreemdste onderwyser wat jy op skool gehad het?

My Standerd 6 Biologie-onderwyseres.

Hoe het radio verander sedert jy begin het?

Ek het die voorreg gehad om die afgelope 20 jaar te sien hoe Overvaal Stereo verander van “real to real”-bande waarop programme en kenwysies opgeneem was, musiek van plate af gespeel, die begin van laserskywe en vandag is alles gerekenariseerd.

Is jy 'n oggendmens?

Was nooit n oggendmens nie tot ek Ontbytjolyt begin aanbied het.

Watter ander werk het jy al gedoen?

Na skool het ek bietjie in Parys Spar se bakkery gewerk en daarna by die aangesluit. Naweke is ek ‘n DJ op troues.

Jou gunsteling kunstenaar?

Nasionaal Laurika Rauch en Riana Nel. Op die internasionale front hou ek van Pitbull en Shania Twain.

Wie se musiek sal ons verbaas wees om uit te vind jy luister?

Lollos en Lettie.

Die lekkerste deel van jou werk?

Vroeg opstaan...jou dag is soveel langer en radio bied jou soveel interressante mense.

Wat sou jy nog eendag wil doen?

Wil as gesin nog eendag Disney World besoek.

Wie was jou mentor in die bedryf?

Melanie von Steen asook Riaan Cruywagen.

Glo jy in VVV's?

Nee, glad nie!
 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com