...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 

 

Gee n kort agtergrond oor jou loopbaan in radiowese?
Ek het rondom 2001 vir die eerste keer met radio uitsending te doen gekry by n stasie wat vir n maand lank uit n karavaan in Klerksdorp bedryf is. Dit het bekend gestaan as Whats Up radio en hulle het met n spesiale geleentheidslisensie uitgesaai. Ek is later na Thaba Stereo in Thabazimbi vir twee jaar.

Wat was tot dusver die vreemdste ding wat in die ateljee gebeur het?

Nee wat, elke dag gebeur daar vreemde dinge. Goed wat rond spring en uit plek spring op die rekenaarskerm en mens na nog n koppie koffie laat gryp.

Wie was die vreemdste onderwyser wat jy op skool gehad het?

Siestog, hulle het almal vir my maar na doodgewone mense gelyk wat dissipline en orde gehandhaaf het.

As jy 'n dag lank 'n animasiekarakter kon wees, wie sou jy wou wees en hoekom?
Dalk Donald Duck? Die eend kan soos dit vir my klink maar lekker omgekrap raak.

Wat is die vreemdste liedjie wat jy al ooit gehoor het?

Nee skoot, daar duik elke nou en dan n vreemde klank op.

Hoe het radio verander sedert jy begin het?

Moontlik meer vryheid van spraak en die tegnologie ..

Is jy 'n oggendmens?

Beslis.

Watter ander werk het jy al gedoen?

Ek kom uit baie kantore uit met baie base en natuurlik my sang wat ook werk is, is baie harde werk.

Jou gunsteling kunstenaar?

Nee, te veel om op te noem.

Die lekkerste deel van jou werk?

Wanneer n luisteraar bel of n boodskap stuur en waardering toon as jy hulle dag opgehelder het.

Die slegste deel van jou werk?

Gmf, ja wel, mense wat kla en fout vind met alles.

Wat sou jy nog eendag wil doen?

Natuurfotografie onder andere.

Wie was jou mentor in die bedryf?

Seker maar Riaan Cruywagen en Maritta Kruger. Hulle was n gedugte span.

Watter onderhoud sal jy altyd onthou en hoekom?

Lieb Bester toe ek hom op sy verjaarsdag verras het en n onderhoud met hom gehad het. Hy was skoon in trane. Dieselfde met Sonja Herholdt.

Glo jy in VVV's?

Nou wie is die mense?
 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com