...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 

 

Gee ‘n kort agtergrond oor jou loopbaan in radiowese?
Die uitsaaiwese was nog altyd vir my 'n wonderwęreld. Ek het as klein dogtertjie my eie radio-dagboek op 'n ou kassetspeler opgeneem. Tydens my skooljare het ek gereeld deelgeneem aan redenaars- en debatkompetisies. Na skool het ek my BA-graad in Kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit voltooi en ook die geleentheid gekry om 'n paar keer die nuus te lees op die kampusstasie, Puk FM. Daar het die radiogogga my behoorlik beet gekry en kort daarna het ek by Overvaal Stereo aangesluit as vryskut-aanbieder op Saterdae. My eerste program op Overvaal Stereo was Naweeknetwerk.

Wat was tot dusver die vreemdste ding wat in die ateljee gebeur het?

'n Ateljee is 'n broeiplek vir vreemde dinge, maar dit is altyd pret as jy vergeet om jou mikrofoon af te skakel as jy klaar op die lug gepraat het.

Wie was die vreemdste onderwyser wat jy op skool gehad het?

Ek het 'n paar van hulle gehad, maar hulle was eintlik almal dierbaar.

As jy 'n dag lank 'n animasiekarakter kon wees, wie sou jy wou wees en hoekom?

Ek sou Heidi wou wees, met my eie berge, bokke, kaas, melk, Oupa, Peter en Josef!

Wat is die vreemdste liedjie wat jy al ooit gehoor het?

Schnappi das kleine Krokodil

Hoe het radio verander sedert jy begin het?

Sosiale media soos Facebook en Twitter speel nou 'n groter rol in die uitsaaiwese en dit maak dit nog meer interaktief. Luisteraars is nou baie meer betrokke.

Is jy 'n oggendmens?

As ek saans vroeg genoeg gaan slaap, ja. As ek 'n goeie beker koffie langs my bed kry as ek wakker word, ja.

Watter ander werk het jy al gedoen?

Ek het al hoendereiers gepak.

Die lekkerste deel van jou werk?

Om onderhoude met interessante mense te doen en die feit dat 'n mens regstreeks en onmiddelik oor belangrike gebeure kan berig.

Die slegste deel van jou werk?

Wisselvallige werksure.

Watter onderhoud sal jy altyd onthou en hoekom?

My eerste onderhoud met 'n bekende persoon was met Chris Chameleon en ek sal dit nooit vergeet nie. Dit was op my tweede dag by die stasie, die adrenalien het gepomp, maar dit het verbasend goed gegaan. Ek het ook 'n onderhoud met Riaan Cruywagen gedoen en dit was beslis 'n hoogtepunt van my loopbaan sover.

Wat weet die luisteraars nie van jou nie?

Dat ek 'n introvert is en ek hou van my privaatheid.
 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com