...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 

KEVIN LEO BETOWER BEJAARDES IN KLERKSDORP.
 

Nellie de la Rey het onlangs 'n projek aangebied waar Kevin Leo by twee tehuise in Klerksdorp, Elandshaven en Klerksdorp Tehuis vir Bejaardes, opgetree het.

Overvaal Stereo was ook genooi om saam te gaan kuier en Ignaz was seremonimeester vir beide geleenthede.

 

Die senior burgers het vroegdag al begin om hulle sitplekke in te neem waarna Ds Marthinus van Staden het die geleenthede met skriflesing en gebed geopen het. Kevin het hierna begin om die seniors waarlik te vermaak.

Die man se verhoogpersoonlikheid maak dat mens elke oomblik van sy optrede geniet. Leo se optrede het nie net die kenmerkende fluweel stem om te bied nie , maar kom met 'n dieper boodskap nader aan die einde van die vertoning.


Die besoekers en inwoners by beide geleenthede en heerlik saam gedans, gesing en geklap. Na afloop van beide konserte het die gehoor Kevin beloon met 'n staande ovasie!

Salomè Kotze was ook deel van die geleentheid en was een van talle dames wat deur Kevin met 'n klap soen beloon is vir hulle teenwoordigheid


Na afloop van die eerste optrede , by Klerksdorp tehuis vir bejaardes , het die gaste wat deur Nellie genooi is aangesit vir middag ete. Dankie aan die tehuis vir die gasvryheid en smaaklike ete.

   

   

Na afloop van die tweede konsert by Klerksdorp Tehuis vir Bejaardes, het die span weer agter gebly vir 'n peusel bederf wat regte boere melktert en souttert ingesluit het.
   
   

Bykans 300 senior burgers asook inwoners van die Triest Opleidingsentrum in Klerksdorp het die twee geleenthede bygewoon.

Overvaal Stereo was bevoorreg om in hierdie dag se lekker omgee te deel en waar te neem hoe 'n optrede 'n verskil in die gemeenskap kan maak.

Dit het ons inderwaarheid terug geneem na ons eie "Vat die pad" projek waar ons in een week vyf tehuise besoek het saam met Dillon Lerm. Dit het die vreugde opnuut in ons harte kom aanblaas.

Welgedaan aan elke persoon wat deel gehad het in hierdie suksesvolle dag.

 
 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com