...
 
 
 
 
 
 

  

   

 

GOEIE NUUS VIR OVERVAAL STEREO 96.1fm PERSONEEL, BESTUUR EN LUISTERAARS...

Dit het Dinsdag 26 Junie 2018 bekend geword dat Overvaal Stereo 96.1fm se uitsaai lisensie deur die uitsaai owerheid hernu is.


Aldus die stasie bestuurder, Ignaz Streicher, is die gemeenskaps betrokkenheid een van die faktore wat die grootste rol tydens so lisensie aansoek speel.

Streicher sÍ as dit nie vir die gemeenskap is nie, sal so aansoek nie so gou en sonder probleme toegeken word nie.

Die voorsitter vir Overvaal Stereo Mr, Johan van der Merwe het by navraag gesÍ die stasie staan sterk op sy fondasie van uitreik na die gemeenskap, ons Godsdiens en die bevordering van ons afrikaner kultuur.


Overvaal Stereo betaan al sedert 1993 met die eerste aansoek vir 'n lisensie in 1994 en vier ons 25ste bestaansjaar.

Dit is die eenigste gemeenskaps stasie wat 'n huisgenoot tempo toekenning gewen het, spog met twee ateljees een sateliet kantoor in Parys en met 'n hoofkantoor en Ateljee in Viljoenskroon.

Die personeel van die stasie is oorstelp en stilweg dankbaar vir die goeie nuus wat hulle ontvang het.

Hierdie lisensie is hernu vir Vyf Jaar en is van krag tot 2023.

Dankie vir elke luisteraar wat saam luister, medewerkers wat die stasie help maak werk. Van die mense wat die webtuiste aan die gang hou, mense wat help met bemarking, programme bou, ons oŽ en ore in die veld is vir nuus en verkeers-sake, by ons adverteer, en natuurlik ons adverteerders ondersteun!

Elke kunstenaar wat saam ons die pad stap, kom kuier, musiek stuur en deel is van wat ons hier doen.

Mag ons in hierdie Vyf Jaar vir Vader se Genade soek, mag ons streef om Sy wil te doen en in Sy wil te staan. Altyd soek na wat goed is om te doen, 'n verskil in die Afrikaanse gemeenskap te gaan maak en te gaan saai waar daar nood is. Maar die belangrikste van alles - God eerste.

Ons bedank ook die uitsaai owerheid vir die hernu van ons lisensie en vir die feit dat hulle weereens 'n behoefte raak gesien het , vanuit ons gemeenskap!

Daarmee saam ook 'n spesiale dankie aan Willie Spies en sy span by Pretoria Fm vir die lekker samewerkings ooreenkoms - wat ons met hulle het en vir die voorreg dat ons saam hulle mag werk. Ons dank aan elke een wat 'n rol speel in ons saam werk daar by Pretoria Fm.

Daar is al baie harde bene gekou in 25 Jaar maar ons glo ons doen uit genade iets reg want hier kry ons nog Vyf Jaar om dit weer te doen.

Lekker luister en deel in ons vreugdevure wat tans hoog brand by Overvaal Stereo 96.1fm.

 
 
 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense Ė www.gsdpotch.com