...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 

Gee n kort agtergrond oor jou loopbaan in radiowese?
Om uit te saai was vir baie jare op my wenslys. Toe Radio Koppies destdys sy stem oor die lug begin dik maak het, het ek pas van George af daar aangeland. Baie van die programme soos Bybelvasvra, Raad en Daad, Ek en Jy en ander is nog steeds op die lug. My liefde vir my taal, kultuur en veral die Godsdiens het my programme soos Bybelvasvra laat begin. Ook Klassieke Keur wat eers later in my skoot geval het nadat Magteld en Kobie dit eers aangebied het. Kortbeentjies was ook een van my trefferprogramme en ons het selfs destyds n CD daarvan uitgegee. Ek is op die Britse manier van uitsaai opgelei. Dit beteken ek doen nie self my klank nie. Ek het dit al dikwels gedoen veral wanneer ek in deurnag uitgehelp het maar ek s dit nie hard nie... Ek het ook n kursus onder leiding van Edwill van Aarde en Verna Vels in Bloemfontein voltooi.

Wat was tot dusver die vreemdste ding wat in die ateljee gebeur het?

Die aand toe Sakkie in die ateljee ballet terwyl ek die nuus lees. Ek het net die berig oor die Moord op die AWB-manne in Bophutatswana gelees toe ek uitbars van die lag. Dit was skrikwekkend en ek skuld Sakkie vandag nog.

Wie was die vreemdste onderwyser wat jy op skool gehad het?

Mev Christy in die laerskool. Sy het geen sin vir humor gehad nie en haar parfuum het na muise geruik.

As jy 'n dag lank 'n animasiekarakter kon wees, wie sou jy wou wees en hoekom?

Heidi. Sy is lief vir die berge, haar oupa en die kaas wat hy maak. En sy kan haar klere so skoon hou dat sy nooit ander hoef aan te trek nie.

Wat is die vreemdste liedjie wat jy al ooit gehoor het?

Daar is baie maar kom ons volstaan by Die Krokodil.

Hoe het radio verander sedert jy begin het?

Dit het baie verander. Ons het met plate en spoelbande begin werk. CDs het alles vergemaklik. Telefoononderhoude is deesdae ook aanvaarbaar. Vroer was dit as swak radio beskou. Alles word deesdae deur die rekenaar beheer met baie voordele.

Is jy 'n oggendmens?

Nee nooit nie. Wanneer die son sak in die weste is Melanie op haar beste.

Watter ander werk het jy al gedoen?

Ek is n opgeleide onderwyseres met Afrikaans en Bybelkunde as akademiese hoofvakke. Spraak en Drama is my spesialiteitsrigting. Tydens naweke het ek by die OK in Vermeulenstraat, Pretoria as teller gewerk.Ek het ook my eie besigheid op die plaas gehad waar ons rottangmandjies vervaardig het. Ek het ook n eerste plek op die George Skou vir my tuisnywerheid gewen.

Jou gunsteling kunstenaar?

Andre Rieu. My onderhoud met hom was een van die hoogtepunte in my uitsaailewe. Die sopraan Carmen Monarcha en dan natuurlik Bles.

Wie se musiek sal ons verbaas wees om uit te vind jy luister?

Nee, ek dink almal ken my musieksmaak te goed. Daar is niks snaaks nie.

Die lekkerste deel van jou werk?

Ek hou van die voorbereiding en die navorsing. Die bou van advertensies is skeppend maar niks kom by n program wat goed beplan en dan goed aangebied was nie.

Die slegste deel van jou werk?

Dat ek nie almal kan help wat my vir hulp skakel nie.

Wat sou jy nog eendag wil doen?

Ek sou graag die boeke waaraan ek werk wil uitgee. Dit sou ook vervullend wees om deur die land te toer om oral die Woord uit te dra. Ek sal wanneer ek finaal aftree n gastehuis iewers begin met n restaurant waar met lapservette gedek word. As ek geld gehad het sou ek n wreldtoer wou onderneem.

Wie was jou mentor in die bedryf?

In die uitsaaiwese was my mentor Mnr Adrie Juyns. Hy het my altyd gebel en gevra of hy raad mag gee. My hart was baie seer toe hy verdwyn en later dood gevind is.

Watter onderhoud sal jy altyd onthou en hoekom?

Natuurlik die onderhoud met Andre Rieu. Dan was daar Ron Belcher. Ian Bossert het ons gestop en ges: Nee, nou raak julle te diep. Kom terug by die CD. Hy is nie lank daarna nie oorlede. Jennifer Zamudio omdat sy n hele ateljee met net haar persoonlikheid vul. Die heel, heel beste een was met Jody Wayne. Ek en hy het altwee gesit en huil oor Patches. En dis net die sangers...

Wat weet luisteraars nie van jou nie?

Ek kan eintlik baie goed kook en koekversiering was eens op n tyd my ekstra bron van inkomste. Toe ek sestien jaar oud was het ek n eerste plek op die SAs in trampolienspring behaal.

Glo jy in VVV's?

Ja ek doen. Toe ek een deurnag daaroor n program aangebied het, het Johan Bezuidenhout vertel van een wat in Suidwes geval het. n Oproep van n persoon wie se naam ek nie meer kan onthou nie het dit bevestig. Hy was in die lugmag en hulle het die lugruim afgesper. Ja verseker!
 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com