...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 
NUUS UIT DIE BESTUUR SE KANTOOR

22 Februarie 2018

 

Nuus uit die kantoor is 'n splinter nuwe gedeelte op ons webtuiste.

Ek is seker daarvan hier sal ons lekker stasie nuus deel en met mekaar gesels.


Vir eers gaan ek nie te veel s hierdie week behalwe welkom by nuus uit die kantoor nie.

Dankie aan elke luisteraar wat gereeld ons webtuiste besoek.

Ons is verheug om vir julle te s dat daar 2.4 miljoen besoeke aan hierdie webtuiste was vir 2017. Toe ons die nuus ontvang het van GSD se kantore was ons as personeel stilweg dankbaar en tevrede.

Radio en sy krag kan nooit onderskat word nie het ek ook weer besef!

Ander nuus, dit gaan goed by Overvaal Stereo.


Ons het ons uit dagings maar ons weet ook met genade kan ons dit die hoof bied. Ons bekers loop oor hier.

Vir eers is dit al waarvoor die pen in het vir hierdie week want ons skoene is afgestof, die buiteuitsendings eenheid gepak en gaan ons loop vir kanker in Viljoenskroon met 'n regstreekse uitsending van daar.

Van volgende week af sal ons lekker en baie gesels hier op hierdie nuwe forum.

En sal ek al die nuus met ons luisteraars kom deel wat daar is.

Lekker luister en hou dit soos altyd Afrikaans.

Groete uit die kantoor:
Ignaz.

 

 

  Free Web Hit Counter

 



 

     
     

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com