...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 
Uit die Kantoor.
 

26 April 2018

 

Goeie dag julle.


Hier is dit alweer tyd om te kom gesels en vertel. Bietjie laat, ek weet.!


Wel ek val weg met die pen. Jacques en Martin was op die SHAYAMANZI II namens die stasie. (Foto's elders op die webtuiste).

Ons was baie bevoorreg om genooi te word. Gaan reis saam.

 


Ek het LEEF JOU REIS se bekendstelling gaan bywoon. Saam Gerrie natuurlik. Gerrie was soos altyd, net Gerrie en het baie tyd ingewerk vir Overvaal Stereo. Dankie vir die mens wat jy is Gerrie en dat jy altyd jou menswees deel met ons. Jy moet konsert kom hou in Viljoenskroon! Ek gaan reŽl.

Dewald Gouw en Mornť Basson het by ons kom kuier en ook Roan Ash. Hierdie aangename jong man het 'n blink toekoms in die bedryf. Hy doen goed!

Ons word oorval met nuwe musiek, jy hoor dit op die lug en ons werk hard om dadelik te laai en op die lug te kry.

Die naweek wat kom is dit ons 24 uur Marathon met steentjies verkoop vir die stasie. Skakel in. Vrydag aand van 20h00tot Saterdag aand 20h00. Ondersteun ons asb. Alles ten bate van Overvaal Stereo. Dankie aan die wat reeds gekoop het - weet sommer ons gaan groot pret hÍ! Wees deel daarvan asb.

Sondag is ek op die pad - Ghoema's toe. Eerste keer in drie jaar sal Overvaal weer daar wees. Ons is terug waar ons hoort. Al kos dit harde werk om dit alles weer daar te kry. Hou ons blad en facebook volgende week dop waar ek verslag sal kom doen.

Die stakings hierdie week het ons nuuskantoor baie besig gehou! Genade ons land maak my bang.

Weer lekker gaan musiek maak by Eventide tehuis in Klerksdorp. Toe hulle sien toe val ons daar in en maak musiek en deel balonne uit. Het die wyse gryses dit waardeer en geniet. Video elders op die voorblad.

Dit gaan baie goed by Overvaal Stereo 96.1fm. Ons is so geseŽnd. Ons is nederig dankbaar voor ons Hemelse Vader vir Sy genade.

Tot volgende week groet ek julle. Kom loer in en kom lees.

Dankie vir die terugvoer wat ek so gereeld ontvang!

Ig

 

  Free Web Hit Counter

 

     

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense Ė www.gsdpotch.com