...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 
Na besig wees en nie grond vat nie, hier is ek!
 

7 Mei 2018

 

Goeie dag julle.

So het daar 'n hele week verby gegaan waar daar net nie tyd was vir skryf nie.

Audrey het kort kort aan my gekarring, stuur nou iets, maar tyd was beperk.

Soos julle weet het Overvaal Stereo 96.1fm behoorlik bont gestaan met die steentjie projek. Dit het ongelooflik goed gegaan. Dankie is 'n klein woordjie, maar dit kom diep uit die hart. Om so bul by die horings te pak, klink heel maklik op die oor - maar om hom tot by afhandel te bring, is 'n ander taak! Ons het 24 uur die wa getrek. Op die lug en van die lug af.

Die span het bont gestaan, maar ons het die Saterdag aand met dankbaarheid aangekondig dat ons baie meer verkoop het as wat ons beplan het.

Ons het gehoop vir 299 maar hier waar ons vandag skryf raak die stasie aan die 500.

     

Ons het 'n bykomende bord bestel wat gemaak en geskenk word deur PRINTING THINGS Potchefstroom.

Dankie Dries. Gerrit uit Engeland het ook 25 steentjies gekoop. Dankie!

Hy is oorsponklik van Klerksdorp en luister al vir jare aanlyn saam na ons. Hy het eintlik met Overvaal Stereo groot geword.

 
   

Ons luisteraars het saam getrek. En dit was eintlik 'n groot saamtrek gewees. Bymekaar kom....

Daarna was dit Ghoemas 2018 tyd gewees. Overvaal Stereo was daar. Almal weet Jo Black was hierdie jaar se Ghoemas - geluk aan hom, en dankie vir die tyd afgestaan om met Overvaal Stereo te gesels.

Soos op Twitter gestuur....



Lydia Winchester het 'n ere-toekenning gekry. Geluk Lyds. Dit was tyd. Dankie vir die pad wat ons by Overvaal Stereo met jou stap al vir jare.

Motorskou Potchefstroom is elke jaar 'n groot ding in ons uitsaai gebied - en die mensdom trek saam daarvoor.

Ek het gou met Nicholis Louw 'n onderhoud gehad en dit gaan goed met die man.

Geluk met die goeie skou aan die mense wat aan stuur van die reŽlings staan.

 

Komende naweek (12 Mei) gaan die wenners van die DZL avontuur kompetisie Rustenburg toe, Overvaal gaan ook saam. Ons sal fotos saam terug bring. Ons het die einde van die Maand 'n wa vrag vol buiteuitsendings, so baie dat ons nie nog kan bespreek nie. Hoe wonderlik is dit nie? Ons is geseŽnd hiermee. En kan net dankie sÍ!

Mag die week wat kom jou goed behandel, mag dit 'n goeie week wees tot ons weer hier bymekaar kom. Die winter het op die Vrystaat toegesak. Ons kry klaar koud. Bly warm en natuurlik gesond. Dit is griep tyd!

Groete uit die Overvaal Stereo kantoor.
Ig

 

  Free Web Hit Counter

 

     

 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense Ė www.gsdpotch.com