...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 
DZL AVONTUUR DAG, NAMPO, STEVE EN OPPAD HUIS TOE IS TERUG...
 

15 Mei 2018

 

Hallo julle hier is ek weer.

Wat 'n week! Maar, ons het hom oorleef.


AVONTUUR DAG:


Wel, ons het die avontuur dag gaan meemaak in Rustenburg, saam die manne van DZL. Dit was heerlik en hoe s mens dankie vir die bederf? (Sien fotos elders op webwerf) Andries Hendrik Potgieter stap al jare 'n pad saam met my.

Ons het meer as radio vriende geword. En ek waardeer hom steeds as vriend.

Wian ook. Ons kom al jare saam. En is dit lekker om te sien hoe hierdie twee manne gegroei het.

Dankie vir 'n puik avontuur dag saam julle. Dit was lekker.
 

   

OPPAD HUIS TOE.

Vanaf 3 Junie is OPPAD HUIS TOE terug op die lug by Overvaal Stereo. Ons het gewik en geweeg. Gewonder en besluit. Ons sien uit om hierdie program weer aan te bied ons het behoorlik geskuur en skaaf aan die inhou wat elke weeksmiddag van 16:15 tot 18:15 aangebied sal word. Dankbaar dat dit so goed gaan met Overvaal dat ons hierdie besluite kan neem en dan uitvoer.

Onthou - ons gaan soos in die dae van ouds weer saam saam die pad huis toe vat.

NAMPO:

Hier in ons gebied is dit besig. Nampo is hier en welkom aan elke een wat hier besoek of oorbly. Geniet Nampo en onthou die paaie is besig , werk meer tyd in vir reis. Geniet ons omgewing. Lekker om julle hier te h! Passop vir die gate in die pad, ons paaie is maar sleg.
 

STEVE KUIER:

Kom kuier saam ons, Steve en Johan vd Merwe Donderdag (17 Mei 2018) in die Bothaville hoofstraat, Dick Cawood saal. Kaartjies by die hek, bring 'n stoel en kombers saam - die hekke maak 5 uur al oop. Kom kuier net saam.

Dit is dit. Ons vat nie grond nie - maar ons is dankbaar.

Dankie vir die inloer. Hou dit Afrikaans.

Groete:Ignaz.
 

 

  Free Web Hit Counter

 

 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com