...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 
Goeiedag uit die kantoor:
 

22 Mei 2018

 

Soms wonder ek waar is hierdie kantoor waarna ons so graag verwys.

Want ek is selde in daardie kantoor.

Soos julle sou merk op ons blad het die Steve konsert plaasgevind.

Bothaville was ongelooflik koud en Steve het ons maar weer net herinner waarom hy vandag nog so gewild is.

Die man gee darem maar 'n vertoning.

Die personeel het hard gewerk maar hard werk is ook altyd lekker.

   
 

Nampo is verby, ek het nog nie syfers gesien van hoeveel mense daar was vir 2018 nie. Sommige het dit as meer, ander weer as minder as in 2017 geskat. Ons sal vir amptelike syfers wag. Nampo is goed vir ons gebied, maar soms kan dit dinge ook heeltemal op horings neem!

Klipwerf was in Klerksdorp (fotos) elders op ons webtuiste.

Dit was my eerste Klipwerf vertoning. Wat 'n lekkerte. Ek het Genť net een kyk gegee en gesien hoe moet dit lyk as jy jou werk met oorgawe doen. Sy is hart en siel op die klawers. Sy gooi daai kenmerkende vingertjie in die lug en dan kan jy maar weet - sy speel hom lekker!

Interessant, dat daar agter die vinger in die lug 'n baie dieper konnetasie is as wat mense van weet en besef! Ek het self 'n draai of swaai gevat op die baan en na middernag twee onderhoude vir Overvaal Stereo op geneem.  Wat 'n voorreg om hulle 50 Jaar al te hÍ om musiek te maak. Mooi groep mense. Geen pretensie, hulle hou net van wat hulle doen. Dankie Klipwerf!!

Juanita du Plessis kom Donderdag (24 Mei) by Overvaal kuier. Soos ek vir haar assistent laat weet het, ek wag met die wit vlag by die hek vir haar.

Sal ook soos altyd lekker wees om haar by ons te verwelkom en oor haar 20 Jaar in die bedryf te gesels. En ons sal baie fotos neem en kom plaas, maar ook die LIVE ding op facebook doen. Dit is nou iets wat al meer gewild raak. Die hier en die nou...

Hier by Overvaal Stereo gaan dit goed. Ons saai uit, ons vertel, ons gaan soek en ons bring terug om te deel. 'N lekker deel van ons werk.

Verder staan Martin later die jaar kansel se kant toe, en ek hoor vroeŽr in die week die man praat van uitnodigings wat hy wil afgee. Ek sit op die stoep en ek besef, ons almal wat die voorreg gehad het om by Overvaal as kinders in te stap het nou groot geword. Ek dink Martin was 18 toe hy by Overvaal Stereo begin werk het, Jacques was 19, hy het daar in 1994 al begin. Vandag is hy trotse pa van twee, gelukkig getroud... goed en bietjie grys. Ek het 2006 begin en was ook maar net 19 jaar oud.

Overvaal Stereo se mense het altyd jare lank gebly. Kinders het grootmense hier tegemoet gegaan. Voorreg!

Oppad huis toe is met ons. Vanaf 4 Junie, is dit tyd dat ons weer self agter die mikrofoon inskuif en oppad huis toe aanbied soos ons dit vir jare gedoen het. Natuurlik gaan daar baie beplanning hier in, baie skuiwe wat kom. Maar dit is lekker om weer die nuwe - ou dinge te doen.

Klankkoerant oggend, bly steeds in plek van 06:00tot 09:00.

Met Jacques se Parys ateljee gaan dit voor die wind. Hy kom wel twee maal per week Viljoenskroon toe en saai van hier af uit.

Christien van Universal het saam Appel by ons kom kuier. Lekker met haar gesels, en Appel se onderhoud het lekker verloop saam Jacques en Jessie.

Christien het nou maar net daardie "hou van my-persoonlikheid" en ons werk sommer lekker saam met haar.

Prins Harry is getroud! Ek glo almal wat van die "Royals" hou het die bruilof gevolg. Daar het na bewering 2 Biljoen mense hierdie troue gevolg - wel, dit is 'n klompie of wat praat ek alles. Ek was een van hulle. Die liefde is mooi, die liefde oorwin alles - het ek hier weer besef...

GeseŽnde week verder. Lekker luister.

Groete Ignaz.
 

 

  Free Web Hit Counter

 

     

 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense Ė www.gsdpotch.com