...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 
Hallo daar hier uit 'n reeds koue Vrystaat.

30 Mei 2018

 

Dit is weer tyd vir my om met julle te kom gesels, en glo dit of nie, ek moes eers gaan lees het waaroor ons laaste gesels het want mens hou nie by nie.


Nou ja, so het Juanita by ons kom kuier. Dit was lekker en ons het 'n lekker onderhoud gehad en diep gesels oor mens wees, 20 jaar in die musiekbedryf en natuurlik wat daarmee saam kom.

Juanita is nog net so nederig soos 13 jaar gelede toe ons paaie die heel eerste keer gekruis het. Vir haar het ek 'n sagte plek. En sal altyd h.

Haar mens wees is mooi.
 

   


Juanita krap op Overvaal se mure.

Mapel Tree privaatskool het my genooi as beoordelaar by hulle potjiekos dag. Die ouers het ongelooflik baie moeite gedoen. Dankie, ek en Chrisna het lekker gekuier.


Die beoordelaars sit aan...

En dan Stella!!...

Hierdie dorpie iewers in Noord Wes waarvan min van ons eintlik notisie geneem het, het Maandag met 'n storm wakker geword. Dit is vir my vreemd dat hierdie skokkende nuus nie al oor die naweek bekend geword het nie, en ek dink Stella se mense sal hulle laaste naweek van geen media, facebook-hof en bespiegelinge nie gou vergeet nie.  Twee prag dogters, is vermoor. 'N Skool koshuis se personeel is gebroke en een seun se geliefdes het met meer vrae as antwoorde Saterdag 26 Mei wakker geword!.

Wat op dees aarde het hier skeefgeloop wonder seker elke huishouding in SA. Ek kan my nie eers probeer indink hoe die ouers, geliefdes en mense naaste aan hierdie mense voel of wat hulle deur maak nie. Een ding wat ek wel weer uit hierdie hele seer debakel geleer het, was dat ons as mense wreed kan wees. Baie wreed!!

Overvaal Stereo is 'n radio stasie. Ons maak nie net musiek nie, ons dra nuus. Ons vertel wat aangaan. Ons doen ook so op ons facebook blad. En ek dink ons was nie vr agter met die nuus, toe dit bekend geword het nie. Ons het ook hierdie hartseer nuus met die wreld gedeel... dit is ons werk!. Daarom volg ons luisteraars ons op ons sosialemedia blaaie en luister hulle na ons op die lug. Binne minder as 24 uur na ons die berig geplaas het op ons amptelike facebook bladsy is ons berig bykans 120 000 keer gelees, amper 1100 keer gedeel en sowat 700 mense het kommentaar gelewer. Maar die inhoud van die kommentaar is wat my maar net weer laat besef het, ons moet boeke vat van onsself. Dit het dadelik duidelik geword die admin span van Overvaal Stereo gaan moet bont staan. Uit die staanspoor moes ons mense op groeprels wys, ons moet afhaal en keer...

Mense vir die "moordenaar", mense teen die "moordenaar". Mense met klas, ander daarsonder. 

Mense wat vloek, skel, uitdaag, kwaad word en sleg s!

Dit het my later genoodsaak om vir die admin lede te s, ons weerhou ons van wat daar aangaan. Ek het begrip mense is kwaad. Ek het begrip mense is seer. Ek het begrip mense wil 'n stem wees, maar waar gaan ons Afrikaners se maniere heen as ons so voel.

Ons moes selfs kommentaar verwyder en mense afhaal wat mekaar se geloof begin aanval het. Ek het binne 24 uur net besef die facebookhof het klaar besluit en so sal dit wees. Selfs die stasie het onder skoot gekom oor die woord "na bewering" in een van ons berigte gebruik was. Ons kan nie nuus as feite plaas, as daar op daardie staduim nog nie bewyse is nie. Ook nie as die owerhede ons antwoord dat die nadoodse ondersoek moet bepaal hoe die twee meisies gesterf het nie. Daar is 'n sekere kode waaraan ons en al die ander mediahuise moet voldoen. As dit dan na bewering is, sal dit net so wees!

Wat leer hierdie groot hartseer my? 1. Sit 'n wag voor jou mond, want kyk hoe lelik kan dit wees as ander buitekant staan en kyk na hoe jy optree. 2. Ons moet meer simpatie en empatie met ons medemens in tyd van seer en nood h. 3. Ons moet tot God roep om ons te bewaar teen sulke hartseer en sake wat nie ongedaan gemaak kan word nie! Dit is nie net 2 prag kinders wat dood is nie, daar is geliefdes, 'n gemeenskap en familie wat swaar kry. 

Vir 'n oomblik was ek terug hy die Oscar saak. By Don Steenkamp en Henri van Breda (wat ook laasweek opspraakwekkend skuldig bevind is op alle aanklagte teen hom), ek het onthou hoe die mense ingespring en verskeur het. Ek het weer besef ons mense is vuisvoos vir moord, onreg, hartseer en dis alles onnodig! Maak nie saak wat die motief hier was nie, hierdie kinders, dit is wat hulle al drie was, is onnodig weggeruk en een is nou agter tralies (met die wysheid dat mens keuses het van wat jy doen, natuurlik). Weereens het ek besef, waar so groot hartseer hom afspeel is daar geen wenners, almal is op die einde van die dag verloorders. En hier is groot verloor. Te groot vir my verstand om te verstaan eintlik!

Buiten alles wat rondom hierdie saak die mensdom se harte, soms wil dit vir my voel hulle verbeeldings en emosies aangegryp het, het ek besef - ons moet kyk hoe ons mekaar behandel en hanteer en tot watter vlak ons daal wanneer ons dit doen. Van die kommentaar op sosiale media het aan presies soveel wreedheid gegrens as wat hier afgespeel het. Is dit regtig so moeilik om eerder te s ek: "Bid vir jou" as om mekaar te verskeur? Ek dink aan al drie hierdie ouer pare, ongeag die omstandighede. Geen ouer verdien om hierdie swaar deur te maak nie.  'N feit sal bly staan , Sharnelle en Marna se dood het SA geskok. Xander se beweerde bekentenis het ons met meer vrae as antwoorde gelaat.

Mag die Vader ingryp hier en vertroosting bring. Geen facebook kommentaar gaan hier, hetsy hierdie kant toe of daardie kant toe, 'n verskil maak aan die groot hartseer wat hulle wat geraak word, tans beleef nie.

Die winter is met ons hier in Vrystaat. Die naweek staan die Overvaal personeel bont met buiteuitsendings. Ons gaan lekker kuier en bring fotos terug. Sondag kuier en eet ek by die bekende musiek promotor Lydia Winchester. Dankie vir die nooi.

Willie Joubert kom in Viljoenskroon bedien en almal is genooi...

Volgende week (4 Junie) is ons terug met oppad huis toe vanaf 16:15. Dit het groot verskuiwings by ons programrooster teweeg gebring, maar ons is opgewonde en sien uit na die nuwe, en tog bekende waters, waarin ons sal vaar.

Mag elkeen wat hier kom lees het, 'n gesende week geniet, dit Afrikaans hou en kop hou!

Groete uit die kantoor, bly warm.

 

  Free Web Hit Counter

 

 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com