Sy het my toegelaat om fotos te neem... en
toe sit sy 'n feesmaal voor!
Drie gang maaltyd. Heerlik. Nie gedink sy is
'n bobaas kok ook nie.

Daar in haar tuin, sit ons in die winter son
en doen onderhoude...
Eerste wat my opval toe ek in stap, net so
netjies as wat Lydia op haarself is, so
netjies is haar woning ook. Georden! Perfek,
elk ding op sy plek.
Martin Lane het kom saam kuier. Altyd 'n eer
om in sy teenwoordigheid te wees. Met 45
jaar in die bedryf het die man baie om te
vertel... soos elkeen van ons maar het.

Dankie Lydia - lekker gekuier .
Die week is daar gepoog om nog van die
raaisels van die Stella moordsaak te probeer
oplos. Ons berig soos ons kan op ons
Facebook blad.
Oppad huis toe is terug en die program doen
goed.
Ons Facebook blad het nuwe hoogtes bereik,
ons het die 10 000 volgelinge gehaal. Dankie
vir almal wat ook deel geword het hiervan.
Daar was nog skokkende nuus. 'n Man van 64
wis sy hele gesin uit. Hy het al drie sy
kinders vermoor en neem toe sy eie lewe.
Hoeveel hartseer moet die lewe nog bring.
Hoeveel wreedheid nog? Hoeveel waaroms. Ek
voel ons land is boos!
Dan facebook. Ek kyk nie sommer Facebook
videos nie, maar toe sien ek een raak en dis
is van Armand, 19 jaar oud. Ek het dadelik
gehou van wat ek hoor en van wat ek sien! Ek
het dadelik kontak gemaak en gaan kyk of ek
nie maar dalk hier kan hand bysit en hom
dalk, net dalk by die regte mense kan uit
kry nie. Het reeds met Manie Jackson ook
gesels. Die seun het talent. Ek hoop regtig
hy kan iewers reg kom.
Die video is op ons facebook blad maar ek
deel hom hier ook.
Kliek hier >>>
Henri van Breda was voor die hof vir vonnis,
maar dit is ook eers weer uitgestel.
Dit gaan baie goed by Overvaal Stereo.
Dankie aan almal wat ons ondersteun!
Ons het ook nuwe vervoer vir
buiteuitsendings gekry. Hoogtepunt vir ons
almal by Overvaal Stereo. Nuwe dinge.

Daar is heelwat program verskuiwings wat
plaas gevind het, ons saai ook nou
KRUISPAAIE uit elke weeksaand, van 22:00 tot
23:00. Dinsdae is dit tyd vir Afrikaans
Aktueel van 22:30 - skakel gerus in.
Ons poog daaglik om die stasie beter en
groter te maak, en om te streef na beter.
Ons hoor graag van julle.
Laat weet ons wat julle van ons nuwe
programme dink. Deel voorstelle met ons.
Vir eers groet ek uit die kantoor.
Alles wat mooi is vir elke een van julle.
Groete: Ignaz
|