...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 
Rondloop uit die kantoor:

27 Februarie 2018

 

Hallo daar en welkom by ons tweede skrywe.

Die afgelope week is dinge besig by Overvaal Stereo. Die uitnodigings stroom in vir ons om funksies te gaan bywoon. Overvaal Stereo is jare al bekend daarvoor dat ons funksies ondersteun. En in my tyd was dit maar Melanie von Steen wat aldus my wete die ding tipe ding ondersteun het, en wat later jare ons as personeel toegelaat het om te gaan.

Dit hou tog die stasie in die "game", mens kry kans om nuwe talent op die verhoog te sien en nie net te hoor nie en natuurlik ondersteun ons weer op die wyse die kunstenaars en spanne wat Overvaal Stereo weer ondersteun met ons funksies en feeste en dinge.

Die lewe het verander - deesdae kom ons nie net met fotos terug nie, ons kom sommer met onderhoude terug wat dan gemaklik uitgesaai word.

 


Waar het die lewe heen gegaan. Maar dit gemaklik so ons geniet.Die stasie het vir die eerste keer in my 13 Jaar 'n nuwe Voorsitter ons verwelkom vir Johan van der Merwe, Johan is reeds jare deel van Overvaal maar was altyd op die agtergrond. Sy insette was nog al die jare groot, maar nou het hy volle beheer oorgeneem. Die oorgang was maklik! Ons almal ken vir Johan, sy menswees en waardes en natuurlik waarvoor hy staan. Ons almal is bewus dat Johan en sy vrou 'n gedugte span is en werklik weet hoe besigheid werk.

Daarom was ons almal gemaklik toe die dag aanbreek. Johan is 'n prominente figuur in ons gemeenskap. Al wil hy dit nie hoor nie en word ons "eintlik" verbied om dit te s. Sy hart is groot. En was nog altyd. Hy gee onvoorwaardelik. Die hele Overvaal span het dadelik ingespring en saam gewerk toe Johan oorneem. Die oorname het inderwaarheid al November 2017 begin maar is nou amptelik en bekend. (Sien fotos onder personeel/bestuur)

WELKOM JOHAN! En al wat ons kan s is dankie!

Hennie Bardenhorst is ons nuwe onder voorsitter. Hennie is 'n man in regte - en ons weet hy is presies waar hy moet wees. Hennie, welkom. Dankie dat jy deel geword het van ons span. Stephanie van der Merwe het volle beheer oor geneem van ons finansies. Stephanie ons verwelkom jou en ons weet ons dinge is in plek met jou aanstuur van die moeilikste sake van enige besigheid - DIE GELD!

Ons verwelkom hierdie drie mense aanboord van die Overvaal Afrikaanse skip. Een wat op die water moet bly. Die see sal nog steeds rof raak, maar ons weet die kaptein span sal ons deur al die storms lei. Ons is rustig. En tevrede.

Chrisna is al 'n geruime tyd deel van ons. En sy is in beheer van die kantoor bestuur. Stēphan janse van Rensburg is nuut by ons en het die eerste maand oorleef. Glo hy sal ook gelukkig wees. Welkom.

Laat my toe om vir Mnr. Kerneels Derksen wat van die begin af van die radio stasie se bestaan deel was voorspoed toe te wens en ook Mnr. Jaap van den Berg. Voorloop vir baie jare was hulle deel.


Terug by die hier en nou:

Martin help maar met die bestuur werk soos ons die langpad vat, want een ou alleen op die paaie is geen grap nie en terwyl ek vir julle sit en tik vat hy ons veilig terug Viljoenskroon toe.

CO Productions het ons genooi na hulle konsert wat 'n "show case" was van wat hulle doen. Dit was aangenaam. Hier het ek weer besef waarom Gerrie Pretoruis , Gerrie is.

Die man het die mense in ekstase nog vr hy sy mond oop maak. Hoe lekker was dit nie om in die gehoor te kon wees waar Gerrie na 'n hele klompie jare terug is op die verhoog nie! Gerrie bly net dr, dit is jou tuiste. En was die mense bly! Ons ook natuurlik. Welkom terug.

Andr Schwarts was ook deel van die 12 kunstenaars op een verhoog vertoning. Ek het hom laaste in aksie gesien by die stasie se damestee - was goed om te sien hoe Andr die mense vermaak, maar om te sien hoe hy hulle vasvang met die stukkie toneel spel wat hy gedoen het was soveel meer besonders. Die talle was stil in die saal. Andr word ook nie ouer nie het ek opgelet toe hy op die verhoog uitstap.

En toe ontmoet ek natuurlik vir "Jan bloukaas".! Ons almal het iewers van die internet sensasie gehoor, maar nog nie noodwendig kennis gemaak nie. En ons het sommer dadelik aan die gesels geraak. Wel die nuwe album is oppad. En ek glo ons gaan 'n anderkant van die jongman sien met die produk. Hy vervaardig ook - en die hele "Ek like kaas bra" ding is inderwaarheid deel van die man se produk.

Georic Lomas het kom kennis maak. En was dit lekker om te luister hoe op hoogte van sake hy is met wat by ons radio stasie aan gaan. Jonk. Tog ervare genoeg om te weet, voor jy praat weet waaroor jy praat. Dit het my dadelik opgeval van die nuwe ster op die horison.

Georic is een waarmee daar rekenskap gehou moet word. Ek gaan nie sy ouderdom verklap nie, maar ek kan s ek som dit op as : " die kind met die stem van 'n man". Die leeu - is tans al 24 weke op ons top 20 en het weer van onder op geskuif boontoe.

Dit wil vertel - dit bly by die mense. Ek het hom genooi om by ons te kom kuier vir die program kunstenaarsdebuut en ons sal julle kom vertel wanneer di plaasvind. Ek wag ook op sy nuwe enkelsnit , wat die mense reeds begin aanvra het.

Ek moet seker nou begin halt roep, maar ek werk deesdae n saam Karin by GSD, dit is die mense wat Overvaal Stereo se webtuiste by hou. Die webtuiste het vir 'n langruk in die hek geduik, siende Karin en die res van die span net kan doen wat vir hulle ges word om te doen, maar na baie nagte se werk en skermskote neem , bekrap en terug stuur dink ek is ons nou op 'n hernuwings wenpad.

Hier en daar sal ons nog skaaf - maar vir nou is ons doel om die webtuiste wat ongelooflik aktief is weekliks by te hou en as dit moet daagliks.

Dankie Karin ek werk lekker saam met jou.

Daar l nog 'n bekendstelling voor hierdie week, weereens CO Productions wat genooi het , ons sal fotos kom plaas en uit die aard van die saak kom vertel. Terugvoer is altyd welkom.

Stuur gerus vir my 'n e pos as jy 'n jakkalsie langs die pad raak loop dat ons dit kan regstel hier op die webtuiste.

Was lekker om te kom gesels, nuwe musiek stroom in by ons en so gou as wat ons dit kry so gou gaan dit lug toe. Soms voel dit mens kort vier paar hande nodig want die tempo waarteen goed gebeur is snel, maar dit hou ons op ons tone.

Loer gerus na al die nuwe fotos op die webblad.

Groete uit die kantoor (die week die kantoor op die pad).

Ignaz.


Ignaz en Georic Lomas.

 

 

  Free Web Hit Counter

 

     
     

 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com