...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 

26 Julie 2018

 

Hallo aan elke een.

Daar was nie hierdie week tyd vir my skrywe uit die kantoor. Want as die lewe gebeur is ons aan die hardloop.

Voor ek by nuus kom... ek het die afgelope naweek net weer besef, hoe belangrik is familie. En ek wil daaroor praat omdat so baie van ons, ons eie familie byeenkoms se moordenaars is!

Ons leef en werk! En verder is dit al wat ons doen. Ek moes Piet Retief toe na 'n gedenkdiens van my Oom. Maar saam met dit het ek nefies en niggies, ooms en tannies gesien. Sommige van hulle het ek tot 20 jaar laas gesien. Terwyl ons so lekker kuier het ek besef, dra die boodsakp uit! Vertel - ons maak 'n fout om toe te laat dat die lewe ons weghou van liefde en omgee van ons eie mense!!
 

 

Ek het hierdie kleinneef van my in die foto gesien toe hy so twee jaar oud was - hy is nou,22!


Na 20 jaar saam my klein neef Andrč.

Maak tyd vir hulle wat nog hier is. Ek gaan meer tyd afstaan aan saam my mense kuier! Gesels, gaan kuier, lag en onthou. Maak net tyd. Tyd is min.

Ek en Martin vat die pad Pretoria toe vir die premiere van STROOM OP , waarheen ons genooi is. Volgende week bring ek fotos saam as ek hier kom skryf.

Dan - die hartseer van ons gebied, waarmee ons weereens gekonfronteer is.

Die Klerksdorp ongeluk Vrydag aand! Ses kinders was in die voertuig, 'n Mamma agter die stuur. Dit was 'n grusame botsing gewees. En teen druk tyd is twee lieflike kinders - reeds oorlede.


Die voertuig waarin die kinders was tydens die ongeluk.


Hernu wat ook sy lewe verloor het na die ongeluk, hy was 'n leërling van KHS - Klerksdorp

Hierdie groot hartseer het die gemeenskap, geruk!


Aimee janse van Rensburg (12) wat oorlede is.


Die gemeenskap het ons daagliks gekontak om te hoor of ons meer weet. Soms weet ons meer, maar ons kan nie altyd sę nie, omdat Overvaal Stereo altyd dink aan die wat agterbly. Maar dit is so - ons is 'n radio stasie wat die streek bedien en ons het ook 'n verantwoordelikheid om die gemeenskap ingelig te hou.


Die gemeenskap bid Sondag aand buite die Ancron hospitaal vir Aimee.

Met hierdie groot ongeluk was dit ongelooflik moeilik om ons werk van verslag doen te kon doen! Ek het net weer besef, kry eerder 'n familie woordvoerder. Dit haal druk van die gesin af, dit sorg vir media verklarings, en stop mense wat kort kort hulle eie storie opmaak en vals berigte van afsterwes as daar nog mense in die hospitaal is.

Ons almal dink jy moet baie "bekend" wees voor daar 'n woordvoerder aangestel behoort te word. Dit is nie so nie! As die gemeenskap begin laer trek, en jy die navrae nie meer self kan hanteer nie - kry iemand!

Die ongeluk het Klerksdorp geruk! Ons bede vergesel die ouers van hierdie kinders, en die wat hulle afsterwe raak. Sterkte!!

Overvaal Stereo bring nuus - en ons ondersoek nuus. Die week weer so geval gehad. Dankie aan die mense wat nuuswenke met ons deel. Ons volg op.

Volgende naweek is ons besig. Ons kuier in Klerksdorp saam Jo Black en ander, Op die Goudkoppie fees. Saterdag is die ander deel van die span by HINTERLAND in Potchefstroom saam met Jay. Luister maar - jy sal die advertensies hoor op die lug!

Die wat die Overvaal "Toep" of App dan afgelaai het, en nou lekker na Overvaal Stereo luister waar julle ook al in die wereld is, Welkom!! Geniet wat ons bied. Luister lekker saam - en maak gerus met ons kontak as jy wel saam luister.

Dit is groet tyd! Ons vat Augustus pad en besoek die instansies wat die OVERVAAL STEREO GEE TERUG pakkette gewen het. Ons gaan lekker kuier saam Dillon Lerm en die mense. Ek vertel volgende week meer - en sę ook waar ons is.

Laat ons aanhou vir mekaar bid! Dit is al wat oor is om te doen.

Dankie vir die inloer, dit gaan goed by Overvaal en met sy mense. Ons is in Vader se genade en wil. Ons wil ook nęrens anders wees nie.

Kom kuier asb saam by die buiteuitsendings. So gepraat van komende naweek. Ons kuier hier in Viljoenskroon saam met die KANKER OMGEE GROEP - hou ons facebook blad dop. Ons is in die gemeenskap vir die gemeenskap. Interessante vlooimark wat hulle aanbied, met alles wat lekker is. Kom wees deel hiervan. Pannekoek sal dit vir my wees... maar lekker warm natuurlik.

Nee, laat ek groet die pen se ink is op!!

Tot volgende week dan - onthou om te kom inloer elke week.

Hou hom Afrikaans, luister hard en laai die "toep" af.

Groetnis van huis tot huis...

Ignaz.

     
 

U is skrywe van die kantoor leser nommer:

 
 

  Free Web Hit Counter

 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com