...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 

29 Julie 2018

 

Uit die Overvaal kantoor groet ek.

Lekker om bietjie te kom skryf.

Afgelope naweek was Overvaal Stereo deel van die kanker omgee groep se aksie hier in Viljoenskroon.

Daar was baie stalletjies gewees en die dorp se mense het behoorlik saam gekuier!

 



 

Lekker om te weet mens bly nog in 'n gemeenskap waar daar hierdie tipe geleentheid is waar mense nog probeer om ander se las ligter te maak.

Iets soos die omgee groep bestaan nie meer in die stad nie. Ek wil glo almal is tevrede en gelukkig huis toe na die dag. Baie dankie aan elkeen wat Overvaal Stereo bederf het met eet en drink goed.


 

Daar is oral fotos gepos, jy het dit al raak gesien op ons facebook blaaie en selfs hier op ons webwerf.

Ek het die verfiliming van Johan van der Merwe se musiekvideo DELWERSDROOM gaan bywoon op Voorbegin Lodge. Daar word darem hard gewerk aan so video. Sien uit na die eindproduk. Dankie dat ons daar kon wees.


Die kort video wat ek agter die skerms geneem het is elders op ons blad.

Overvaal Stereo is hard aan die werk met ons kuier volgende week saam Dillon Lerm wat saam met ons die instansies gaan besoek met die Overvaal gee terug projek. Hou ons webtuise en facebook dop.

STROOMOP se premičre was deur myself en Martin bygewoon. Ivan en Donnalee was aangenaam en het met Overvaal Stereo voor die tyd gesels - wat ons lug toe gebring het die volgende dag.

Henru (die KHS leerling wat gesterf het na 'n grubotsing in Klerksdorp), is die afgelope naweek gegroet in Klerksdorp. Overvaal Stereo het geen inligting oor Aimee se begrafnis ontvang nie. Indien ons in die week meer hoor sal ons op ons facebook blad vertel.

Hierdie naweek is dit die OP DIE GOUDKOPPIEFEES en ons kuier by HINTERLAND in Potchefstroom - so ons gaan lekker besig wees. Ons sien uit!

Ek het ook 'n voëltjie hoor fluit dat een van die stasie se voormalige bestuurders hierdie naweek trou. Ek sal hoor of ek meer kan kom vertel indien dit hulle goedkeuring wegdra.

Odette Groenewald wat by ons in die kantoor gewerk het, het kom kuier by die buiteuitsending die naweek - was aangenaam om haar ook te sien. Hier is sy en haar ma saam van die stasie se personeel.

Geniet 'n lekker vol week - maak reg Augustus se winde is oppad.

Groete van my kant af.
 

     
 

U is skrywe van die kantoor leser nommer:

 
 

  Free Web Hit Counter

 

     
     
     

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com