...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 

13 Augustus 2018

 

Hallo uit die kantoor!


Laasweek was daar nie tyd vir gedagte uit die kantoor nie. Ons was op die pad. Soos meeste van julle teen die tyd weet!


Ons het een suksesvolle week gehad. Dit was 5 instansies, 5 dae en 500 senior burgers. Ons doel - om dankie te sÍ en om terug te gee aan die gemeenskap! En ons het dit reggekry.

 


Dillon Lerm het saam kom toer, dankie Dillon hoe sÍ mens ooit dankie vir mense wat 'n week van hulle tyd gee - vir ander, om daarmee te maak wat hulle goed dink?

Nelmarie op die trekklavier, en my span wat net alles gegee het. Dit was nie grappies nie, daar was 7 regstreekse uitsendings wat ook baas geraak moes word. Maar kyk ons terug, is ons dankbaar.

Die nood daar buite is groot. En onder die tehuise soveel meer. Ons glo dat hierdie projek en die blootstelling wat hulle gekry het, 'n verskil sal maak. Al is dit hoe klein! Die gesegde - elke bietjie help, geld hier.!


Aan my borge - wat gastehuise was, hoe kan ek ooit dankie sÍ? Sonder borge soos die kan ons nie gaan terug gee nie.

Twins gastehuis Klerksdorp. Dankie Johan!


https://www.twinsguesthouse.co.za/


St. Josephs Gastehuis, Klerksdorp. Dankie Tannie Helma. Ook altyd bereid om ons te help en te huisves.


So ook Magnolia gastehuis, Potchefstroom. (018 293 3383)


Viljoenskroon, dankie aan Marthie Venter by Marthies B&B waar Dillon hulle ook gemaklik kon tuis gaan.
https://m.travelground.com/accommodation/marthies-guesthouse#&gid=1&pid=4

Elke instansie wat ons met ope arms ontvang het, dankie! En ook vir al die eetgoed.

Overvaal Stereo 96.1fm is 'n gemeenskapsaak - en daarom sal ek vir solank as wat ek toegelaat word om in beheer te staan - seker maak, ons doen ons leuse gestand wat hierdie betref. Aan Mr. Johan van der Merwe, ons voorsitter, dankie dat jy my toelaat om 'n verskil te gaan maak. Dat jy my mal idees aanvaar en dan nog ondersteun ook. Daar was 'n tyd gelede teruggehou as dit by idees gekom het, maar julle het die groter prentjie kom raak sien en gee my drome vlerke om te vlieg! Aan Mev. Stefanie van der Merwe wat minister van finansies is, dankie dat jy ja sÍ as ek iets so groot aanpak sonder 'n borg, sonder fondse.

Dit gaan goed by Overvaal Stereo. Ons werk hard. Ons het ons eie uitdagings. Ons is nie baie nie - maar ons streef om te doen wat ons mense wil hoor, wat hulle geniet. Dankie, sonder luisteraars is daar nie 'n Overvaal nie. Ons is besig om gereed te maak vir Aardklop wat 2-7 Oktober is. Ons is weer daar. Ons beplan al reeds en maak gereed.

Die week se beweerde "lys van plase wat gevat gaan word" het mense kwaad. Ons is met rukke moedeloos. Dit maak sin. Ons is mens. Maar ek weet ook dat ons boere nie net gaan pak en trap nie. Wie kan dit in alle geval van hulle verwag. Juanita sing, Suid Afrika draai terug - ek dink hierdie is die beste tyd om genade en uitkoms van ons Hemelse Vader te vra - want op mens kan ons nie meer staat maak nie. Die hele storie is hartseer.

4 Augustus was dit die jaarlikse OPPIEGOUDKOPPIEFEES in Klerksdorp, Overvaal Stereo was daar ook. Jo Black het opgetree en vele ander. Daar was baie mense maar ook baie wind! Ons het 'n buiteuitsening vandaar gedoen.

Dieselfde dag was die bekendstelling van Hinterland se nuwe winkel se in Potchefstroom. Dankie vir die nooi. Jacques en Chrisna was daar, ook met 'n buiteuitsending. Jay het opgetree en daar was ook 'n magdom mense.

Dankie aan elke een wat hierdie tipe van ding ondersteun, dit waarborg net - dat dit weer sal gebeur.

Die NUWE steentjie bord is op by die ateljee, ek sal volgende week daaroor kom skryf, siende dat ek hierdie week reeds baie gehad het om te vertel.

Soos altyd dankie vir die inloer, die webtuiste besoek en kontak maak met ons almal by Overvaal Stereo. Dit hou ons op die regte pad.

Mooi week met die wind saam - onthou, hy bring die reŽn.

Goed gaan.
Ignaz


Overvaal Stereo het Dillon huis toe gestuur met 'n stukkie van ons gebied. Die berig wat KLERKSDORP REKORD gedra het wat mense vertel het van ons planne is geraam en saam hom terug gestuur - Hermanus toe...


 

     
 

U is skrywe van die kantoor leser nommer:

 
 

  Free Web Hit Counter

 

     
   
   

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense Ė www.gsdpotch.com