...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 

20 Augustus 2018

 

COUNTRY DEUR EN DEUR...


Hallo julle. 'n Naweek van vertonings was dit gewees. Groot lekker.


Op die pad - Rockwood teater toe. Country Skouspel.

Daar gekom is die vertoning uitverkoop. Dit was lekker om te sien.

Al die legendes was daar. Ek het 'n onderhoud met Barbara Ray gevoer aangesien sy nie die volgende dag by die Country Bonanza vertoning was nie.

 


Heel eerste onderhoud met haar, maar het al saam gewerk. Sy is kostelik. En lyk eintlik nog net soos sy al die jare gelyk het. Niks het verander nie.

Daarna is ek na die Centurion Teater toe. Jennifer Zamudio het haar cd - Goud is my woorde, bekend gestel. Sy het 'n uitklophou vertoning gegee. Die teater daar was ook lekker vol. Jacques Smith het die een saam my gaan bywoon. Lekker gelag en gekuier saam met Arri Opperman en Francois. Twee pittige manne. Naomi en Danie du Plessis weer gesien - mense wat jare al kom saam met Overvaal Stereo.
 

Die volgende dag is ons oor na 'n ander funksie - buite Pretoria op die Brits pad.

So oppad die storie bekyk en vir my mense ges o wee, ek wonder of hier ooit mense gaan wees... want die kronkelpadjie het my laat wonder. Kom so om die draai en daar begroet 'n mooi gesig my!
 

Dit is net mense. Binne is die saal vol! Stamp vol. Uitverkoop. Bravo!!! gil my hart. Die mense kom uit vir die legendes. Hulle maak sale vol vir hulle. Ek waardeer dit. Hulle waardeer dit!

Die mense het saam gesing. Geniet. Ge-Country!

Eerste keer wat ek Tommy Dell gesien optree het. Die man mag maar hoor!! Lekker onderhoud gehad. Tommy het ook 'n sang skool onder in die Kaap. Sy studente is in die regte hande.

Ek en mamma Country - Sally Vaughn kuier lekker. 75 en die vrou het die hart van 'n jongmens. Mens skater van die lag as sy haar mond oop maak.

Jody Wayne ken ek al 'n leeftyd en dit was die eerste keer wat ek en hy regtig kans gehad het om te sit en opvang! Daai jare. Toe ek 9 was - Angels of Mitchelsplain. Ek was 'n engeltjie in daai shows van hom. Ons het getoer. Hy is sigbaar geskok toe hy hoor my nefie, wat saam ons op die pad was, is dood. Selfde met die tyding dat my ouers ook nie meer leef nie... ons herroep die goeie ou dae. Die dae agter die gordyn. Jody wonder hardop hoe het 24 Jaar verby gegaan . Maar na 24 jaar voel dit soos toe ek 9 was. Niks het verander nie.

Lance James - die ou gentleman, heet my hartlik welkom. Hoe hy die kuns bemeester het om almal wat iewers sy pad gekruis het se name te onthou verbaas my. Ek is nog besig met laaste onderhoude. Lance stuur iemand met 'n boodskap - hy wag in sy bus - hy gaan nie ry voor hy my nie totsiens ges het nie. Hel - die man het 'n manier. Inteendeel - by hom geleer - jy groet altyd. En ek pas dit vandag nog toe as ek die goed bywoon. Die Lance James manier.

Ek en Manie het kontak. Woon gereeld vertonings van hom by. Elke keer verbaas hy my meer... die afgelope twee dae - elke keer as hy en Sally Gloryland doen. Die man sing elke keer 'n storm los. Tyd is altyd beperk. Ons kuier nooit regtig nie. Daarom was die opvang, buite op die gras so lekker. Manie Jackson is hier om te bly. Tannies staan nader. Kom eet by ons, kom kuier by ons, ek wil net vir jou kook... Manie hanteer dit op die Manie manier. Die een wat voor hom staan - is al een wat op daardie oomblik saak maak. Wow!!.

Esmond se bestuur gee sy nuwe cd vir my. 24/7. Ek kom ook al 'n rukkie met hierdie mense. My hartsmense. Kobie draf saam my as ons buite 'n draai moet gaan maak. Ek waardeer die mense. Esmond stel sy cd bekend by Sharky Town komende Vrydag. Geluk met die nuwe produk. Mag hy jou 24/7 besig hou.

Ek hou vir Mara van den Berg dop by die klankbord. In beheer. Weet wat sy wil h. En dinge verloop soos ons dit gewoond is. Mara is 'n toonbeeld van dinge moet reg verloop. Die yster vrou agter die legendes - haar hele lewe lank. Werk altyd so lekker saam Mara.

Dit is ook hierdie afgelope naweek waar die damestee gebore is. Ek kry die mal planne so op die pad tussen die kilometers deur.

Overvaal Stereo gaan damestee hou. Maar ek kan en gaan nog nie te veel hieroor s nie. En dan is dit skielik weer 'n nuwe week - nuwe dinge.

Nooi die legendes om in jou dorp te gaan kuier. Ons en net ons wat hulle nooi kan die mense se musiek lewendig hou as ons hulle op die pad hou. En ja , dit is die mense wat die musiekbaan kom vestig het in SA. As jy hulle wil nooi kontak vir Mara. Haar nommer is onderaan hierdie gedagte.

Saterdag kuier Overvaal Stereo by Granny's Pies in Parys met 'n regstreekse uitsending. Gaan kuier saam met Jacques en Martin.

Lekker luister. Geniet die radio en sy dinge.


Alles wat mooi is van my kant af tot ons weer gesels...

 

     
 

U is skrywe van die kantoor leser nommer:

 
 

  Free Web Hit Counter

 

     
   
   

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com