...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 

28 Augustus 2018

 

Daar loer 'n splinter nuwe week vir ons en sowaar die laaste een van Augustus 2018. Die jaar het gesnel!


Baie gebeur - en mens vat net hier en daar grond.

Jacques en Martin het die afgelope naweek gaan kuier by Grannys Pie's (sien fotos en skrywe elders op die blad), dankie vir die nooi en natuurlik elke een wat sulke uitsendings gaan ondersteun.

Dit is al wat maak dat mense ons weer en weer nooi.
 

 


Esmond se nuwe cd is uit. Hierdie is 'n jongman wat vandat ek hom ontmoet het, net bly groei het. Ek het Esmond ontmoet nog voor die plan van 'n nuwe produk. En hier is hy nou.

Sy bekendstelling was die afgelope naweek. Daar is een nuwe lied 24/7 wat ek raak luister, wat ek dink vir hom gaan goed doen. Jacques Smith het hom ook dadelik raak geluister. Ons wens Esmond voorspoed toe op hierdie nuwe reis waarop hy is. Hy tree gereeld saam mense soos Lance-hulle op. Ons hou hom dop. Die mark is moeilik daar buite, maar ons glo dit sal goed gaan.
 

Ons word oorval met nuwe musiek. En soms is dit maar moeilik om by alles uit te kom en soms wonder mense waar kom al hierdie musiek vanaand.

Neil Somers het 'n nuwe lied bekendgestel en sommer dieselfde dag goed gedoen op iTunes. Musiek wat die mense wil hoor, musiek wat met hulle praat kyk uit vir BLOEDGROND.
 

So van grond gepraat - ons bekyk maar die grond kwessie. SA het nou 'n punt bereik waaroor ek liefs nie wil praat nie. Die 2019 verkiessing het heelwat hiermee te doen.!

September is ook vir elke radio stasie - rond hardloop tyd, die lente kom - en almal wil iets aanbied. Wel, ons hou gelukkig van hardloop so ons pak net ekstra tekkies in. Ons het Lentefees in Klerksdorp komende Saterdag by Hoërskool Schoonspruit se gronde. Vrydag is ons by Zigmart in Potchefstroom en Vrydag Middag is ons by die AP Kerk se basaar in Viljoenskroon.

Ek gaan vir twee dae Welkom toe, na die Blikkiesfees. Die program van kunstenaars wat daar kom optree is eindeloos.

Afgelope naweek was ook die aanbied van die Matt Hurter vertoning - dit het glo baie goed gegaan daar. Welgedaan aan die mense wat dit gereël het. Laat ons mense erken vir hulle bydrae terwyl hulle nog leef. Te veel huldeblyk konserte gebeur eers as mense nie meer daar is om die waardering te sien nie!

Matt is tans baie siek - ons bede vergesel hom.

Kunstenaars kom kuier by ons, julle volg al daardie inligting op die tuisblad van die webtuiste. Altyd lekker om hulle te ontvang, van hulle te vertel en te deel.

Die AGS Sion gemeente se seniors het ook kom kuier en kyk hoe werk radio. Was lekker om hulle hier te ontvang en te bederf met koffie, tee en muffins...
 

Dan ten slotte die week...

Kollega Stephan Janse van Rensburg is die afgelope drie weke al gehospitaliseer. Dit gaan met rukke beter met hom maar ander dae weer nie so goed nie. Ons bede is daagliks by hom en ons wens hom 'n volkome herstel toe. Stephan, of sommer vir ons by die werk Stefaans, is al so ses maande deel van Overvaal Stereo, maar drie maande daarvan is hy ongesteld. Ons vra spasie vir die personeel en vir Stephan ook. Ons is soos een groot familie by Overvaal, dit is so - maar ons het ook ons spasie in die vorm van privaatheid nodig. Ons sal ons luisteraars hier op hoogte hou tot in 'n mate van wat ons bereid is om te sę. Die kantoor en selfs omroepers in versoek programme het niks meer as wat ek hier gesę het om te sę nie.

Ons waardeer die omgee, so ook Stephan, maar ons gaan nie op die lug en veral in versoek programme daaroor gesels nie. Ons ken die pad waarop ons nou stap, dit raak nou lank, mense hoor hom nie meer nie en dan begin ons in die versoek programme vir die omroeper aan diens op die lug vrae vra. Jou antwoord gaan wees - hy sterk aan. Weereens vra ons - gee spasie asb. En hou ons vriend en kollega in julle gebede.

Ek het een nag laat op die Johannesburg se snelweg, damestee begin beplan. Gerrie en Manie. 2019. Al wat ek gaan sę...

Dit is 'n hele mond vol vir die week.
Hou asb ook in gedagte ons kantoor kan ook nou net gekry word by 0563432076.
Lekker bly.

Mooi loop.
 

     
 

U is skrywe van die kantoor leser nommer:

 
 

  Free Web Hit Counter

 

     
   
   

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com