...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 

4 September 2018

 

Genade ons so baie om te sę maar laat ek eers begin by hallo julle...

Wat 'n week was dit nie.

Ek is genooi na Amari skool in Welkom vir hulle jaarlikse Makitie Kontreifees. En is ek bly ek het gegaan.

Ek het elke oomblik geniet. En dit gryp mens aan die hart as jy sien hoe hard word daar gewerk deur die wat by die skool werk en 'n verskil maak.

 


Ek het hallo gesę vir Jenniffer Zamudio, Pieter Koen, Jay, Lianie May en gekuier saam met Dillon Lerm en ook Elandrč. Elke kunstenaar het my verbaas. En ook die 1000 mense wat in die tent was om hulle in aksie te sien.
 

Overvaal Stereo gaan in 2019 meer doen vir hierdie fees, hulle verdien ons ondersteuning. Die fees strek oor twee dae en die Saterdag het hulle net so klomp groot name op die verhoog gehad.
 

Dankie vir die gasvryheid, heerlike etes en uit die pad gaan om Overvaal Stereo se mense welkom en tuis te laat voel. Ons het dit raak gesien en waardeer. Sien julle weer in 2019.
 

Dankie ook aan AGAPE Gastehuis by tannie Gwen waar ons lekker gebly het!

   

Die Saterdag het ons 'n regstreekse uitsending gehad by die Lentefees in Klerksdorp. Ek het van Welkom af in die pad geval en eers daar ook gaan oë wys! Dankie aan elke een wat hierdie kerk se basaar ondersteun het. JULLE maak die goed werk - ons waardeer.

Daarna het ons in die pad geval vir ons stasie se voorsitter se funksie, Mr Johan van der Merwe. Ons is na 'n prag Lodge & Spa in Magaliesburg en ons het almal lekker saam gekuier.

   

Johan het Overvaal kom red. Ek as mens sal nooit genoeg kan dankie sę vir hom nie. En vir die vertroue wat hy in my het. Johan - dankie is 'n klein woord maar dit kom diep uit die hart. Namens elkeen in diens van Overvaal Stereo 96.1fm.

Na die lang pad het ek by kollega, Stephan Janse van Rensburg gaan stop. Hy lyk beter, maar is nog nie heeltemal gesond nie. Hy is nou al 'n maand in die hospitaal. Dit is so dat ek geen idee het wat die toekoms vir Stefaans inhou na hierdie nie - maar ons fokus op sy gesond word.

Chrisna het ons kom uithelp vir 'n maand in die Overvaal kantoor, en dit is nou agt maande. Chrisna sal nog tot middel September uithelp en dan gaan sy fokus op haar eie besigheid. Ons sal haar altyd dankbaar bly vir die uithelp. Dankie Chrisna.

Komende naweek kuier ons twee dae in Potchefstroom - kom kuier saam - asseblief. Meer info op die lug en op ons facebook blad.

Moet nie vergeet van die JONK IN AFRIKAANS konsert wat kom Oktober nie, meer info op ons Facebook.

Steve is in Klerksdorp 8 September. Kry kaartjies. Kom kuier saam ek is genooi, ek gaan my bes probeer om daar te wees. Die advertensie is op die lug, en op ons Facebook.

En dan... die slegte nuus!
Matt Hurter verloor sy stryd teen kanker. Overvaal Stereo was een van die eerste radio stasies wat hieroor berig het. Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om vir vriend Manie Jackson dankie te sę dat hy my deurentyd op hoogte gehou het van Matt se toestand. Dankie Manie. Natuurlik het ek nie daaroor geskryf of berig nie, want Manie het met my gedeel as vriend en nie media nie. Manie se hart is groot vir die legendes.

Dankie Matt vir die musiek... Ry veilig sal altyd my gunsteling van hom bly. Ons bede is by sy geliefdes...

Dankie vir die inloer hier.

Dit gaan goed by Overvaal. Dankie Here. Dit is net U.

Mooi loop en lekker luister.Tot 'n volgende keer...

Groete uit die kantoor.
Ig.

     
 

U is skrywe van die kantoor leser nommer:

 
 

  Free Web Hit Counter

 

     
   
   

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com