...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 

10 September 2018

 

Dag s aan elkeen wat kom saam lees.

Lekker vol week, vol van sy eie dinge gewees.

Ons begin gereed maak om onderhoude in plek te kry vir Aardklop 2018.

Daar was twee dae regstreeks uitgesaai vanaf die veiligheidsexpo in Potchefstroom.

Dit het goed gegaan - en hulle het reeds bespreek vir 2019. Dankie aan almal wat gaan ondersteun het!

 


Martin staan op trou. Kan dit nie glo nie. Voel soos gister wat ons hier as kinders ingestap het. Ons sal wel fotos met julle kom deel en kom vertel.

Stephan Janse van Rensburg is beter en herstel by die dag. Ek glo hy sal binnekort ontslaan word. Hy was vir langer as 'n maand in die hospitaal. Maar dit gaan baie beter met hom.

Overvaal Stereo het nuwe mense aangestel - maar daaroor sal ons later gesels.

Komende naweek kuier ons by Haval Motors in Klerksdorp - Leask Straat, kom kuier saam en kom ontmoet die nuwe Haval H9 voertuig. Sien uit om julle te sien!

Chrisna maak Donderdag 13 September by ons klaar in die kantoor. Sy het ons net kom uithelp en soos al vertel - is dit in haar eie belang. Ons sal haar mis. Sy het hard gewerk vir Overvaal. Dankie Chrisna.

Steve was in Klerksdorp die afgelope naweek. Hy is Overvaal goedgesind. En wat 'n lekker vertoning was dit nie. Kyk, Steve doen sy ding! En die mense geniet elke oomblik van hom. Johan van der Merwe het ook so vinnig voor Steve opgetree - mens kan sien hy geniet die verhoog. Kyk elders op die blad vir die videos.

Mag elke een wat kom saam lees, deel kom wees en graag hier wil wees - dit geniet!

Spaar - Desember kom. Alles word dan mos duurder. Koop sommer nou al as julle moet!!

Dankie aan Frikkie Smit wat gaan uithelp met tegnies as Martin na die troue nie hier gaan wees nie - ons waardeer!!!

Lekker week vir julle.

Geniet die somer. Ons hoop dat winter na die koue naweek iets van die verlede gaan te wees.

Mooi loop.
xxx

     
 

U is skrywe van die kantoor leser nommer:

 
 

  Free Web Hit Counter

 

     
     
     

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com