...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 

25 September 2018

 

Hallo uit die Overvaal Stereo kantoor. Dankie vir die hier wees en kom saamlees.

Ons is gereed vir Aardklop 2018. Ons maak volgende week ons intrek by Aardklop vir 'n hele week. Hou ons facebook dop tydens aardklop - ons gaan alles daar vertel. Hou die radio op Overvaal Stereo, want ons saai regstreeks uit vanaf Aardklop soos al die ander jare ook! Kom fees saam - kom s asb hallo as jy Aardklop toe kom!

Martin is toe getroud . Mooi troue gewees. Intiem. Natasha was 'n pragtige, natuurlike bruid. Dankie Frikkie wat op die lug gehelp het dat al die ander personeel bruilof kon gaan hou het.

En ook vir die hulp tydens Aardklop. Maar terug by die troue...
 

 


Martin het ons trots gemaak! Hy kom ook al 16 jaar saam hierdie stasie - en het al die waters saam met die stasie en sy mense geswem. Martin weet meer as meeste van ons!

Wens hulle twee net die mooiste huwelik - lees meer elders op die blad en ook vir 'n foto beeld en die volle diens tydens hulle groot dag.

Jennifer Zamudio het kom kuier en met ons gesels. Foto's elders en video ook. Dankie aan die kunstenaars wat so ver ry om ook by ons en ons luisteraars uit te kom.


Overvaal Stereo doen beplanning aan 'n COUNTRY BONANZA in Klerksdorp saam vyf legendes en Manie Jackson. Dit sal volgende maand wees. Ons gaan lekker Country - maar ek sal meer kom vertel. Kom kuier julle net saam ons!

Cathy Viljoen het in Orkney by die AGS Kerk opgetree Sondag. Ek het by haar gaan inloer en haar optrede geniet! Altyd groot vreugde om vir Cathy te sien. Haar stem is aldus my vandag nog soos hy vir my 33 jaar lank was - niks verander nie.
 

Lekker om te sien soveel mense kom uit om saam mense soos Cathy te kuier.

Sy is steeds so nederig soos toe ek haar 12 jaar gelede vir die eerste keer ontmoet het. Sy het by my verjaarsdag kom optree. En van daardie dag af - is sy so spesiaal vir my! 'n Ikoon is sy - sy het lank voor my geboorte al gesing en bedien.

Dankie Frikkie en Audrey wat saam my gegaan het. Dit was regitg aangenaam.

Jacques het by twee buiteuitsendings gekuier - een by Orkney Golfbaan tbv Kleinbroek skool en Maandag (braaidag) by Klerksdorp Golfbaan tbv die Klerksdorp 7 singles.

Daar is aan alles gedink! Van die mimmiek kunstenaars na jy oor die rooi tapyt gestap het, tot by die gemaklike sitplekkies orals. My skoon lus gemaak vir teater en toneelspeel.

Klerksdorp Golfbaan:

Ons werk hard - maar ons is dankbaar dat ons nog kan werk as mens om jou kyk n.

Bernus vind sy voete in ons kantoor. Diep water en nuwe speelveld. Maar ek glo Bernus gaan lekker werk saam die Overvaal Stereo span. Hy werk al reeds hard!

Ons nuwe hoof van admin val 1 Oktober in - dan sal Bernus meer fokus op die klank ateljee, steeds kantoor en assistent vir my. Maar meer later oor die dame wat oppak om hier in Viljoenskroon te kom woon om vir Overvaal Stereo te kom werk.

Die winter dink ek is iets van die verlede. Maar saans wil-wil die winter nog byt. Ek sien dit ook aan ons tuin by die stasie - dinge begin nou gebeur en begin uitloop - nuwe lewe!

Dit was sommer 'n lekker mond vol.

Hoop die week is goed. Dat dit goed sal gaan daar by jou waar jy ookal saam lees...

Dankie vir die inloer en lekker luister na jou klank, jou keuse.

Groete Ignaz

     
 

U is skrywe van die kantoor leser nommer:

 
 

  Free Web Hit Counter

 

     
     
     

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com