...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 
Nuwe week.

7 Maart 2018

 

Hallo uit die kantoor. Wat 'n week was dit nie laasweek gewees nie. Ons het by die premiere van Susters 'n draai gaan maak en Vrydag aand het ons Chris de Burgh se konsert in Pretoria gaan bywoon.

Big Conserts het ons op hulle media lys geplaas na ons 'n aansoek gebring het. Ons sal meer vir julle kom vertel van die internasionale vertonings en dinge.

Daar was ook 'n buiteuitsending in Rustenburg. Die span o.l.v Jacques Smith het gaan saam kuier. Dankie aan Chrisna, Stēphan en Dave wat saam gegaan het. Buiteuitsendings is lekker en ons gaan graag, maar dit is ook harde werk. Dink nie almal verstaan dit aldag nie. Maar dit bly 'n voorreg vir ons.

Martin Lane het die afgelope week verjaar en het 70 jaar oud geword. Hy is al die jare Overvaal goed gesind. En het altyd tyd vir die stasie en sy dinge. Baie geluk Martin mag die res net so kleurvol vir jou verloop!


Van Maandag af is daar 'n verskuiwing op die lug gewees, Piet de Jager se Afrikana is nou van 20h00 af tot 22h00 en dan val ek in tot 23h30. Daar is musiek uit die 70's en ook musiek marathon wat aangebied word.

Komende naweek (10 Maart) kuier Jacques Smith saam ons luisteraars by die bulletjie rugby dag in Viljoenskroon. Daar kom jaarlike duisende mense bymekaar vir hierdie geleentheid.

Paasnaweek is so te sę op ons, ek kon nie glo dit is waar die jaar al staan, toe ek vandag die Maand beplan wat voorlę nie. Ons fokus die jaar op Goeie Vrydag met gewyde musiek.


Ons kantoor bestuurder was bietjie olik die week , maar sy sterk vir die week verder tuis aan en ons sien uit dat sy terug sal wees op haar pos volgende week. Dit was maar doller as kop af aan hierdie kant. Bly Chrisna is beter.

Verder verloop dinge soos dit moet hier by ons.

Die nuus is ook uit, dat ek dan vir Johan en Stephanie van der Merwe die stasie bestuur. Ek het steeds my werk buite die radio , maar dankie vir die vertroue wat julle in my het en raak gesien het wat ander dalk jare lank mis gekyk het. Ek stap net voor sonder die span wat saam my werk, is dit nie moontlik nie.

Dankie vir die inloer elke week en saam lees.

Soos tyd my toelaat kom skryf ek vir julle.

Ek is weereens vir die tweede jaar 'n beoordelaar vir die LIBERTY RADIO AWARDS en is darem klaar met die taak wat my opgelę was met die luister van hordes inskrywings....

(Geniet gerus 'n paar foto's hier onder van die week se dinge waaroor ek geskryf het).


Groete uit die kantoor :


Ignaz....

Ignaz saam met Nadia Beukes en manlief by SUSTERS Chris de Burgh in Pretoria Overvaal Stereo was daar
   
Chrisna was die afgelope week in die hospitaal. Dit gaan beter en sy sterk tans tuis aan Martin Lane het die week 70 Jaar oud geword

 

 

  Free Web Hit Counter

 

 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com