...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 

24 Oktober 2018

 

Dags aan julle.


Ons het soos almal teen die tyd weet, Country Bonanza gehou saam met die legendes en Manie Jackson.

Wat 'n lekker om terug te kom en te kan skryf - uitverkoop!! Vol saal. En vier ure se luister genot!



 

 

   


 

Dankie aan elke een wat 'n kaartjie gekoop het. Ons het heerlik saam met julle gekuier.

Dankie aan Mara vd Berg wat altyd weet hoe om haar dinge te rel en dat mens kan weet, met Mara aan stuur van sake gaan die relings aan die kunstenaars se kant mooi en seepglad verloop.

Dankie ook aan die luisteraar wat ons getekende kitaar vir 'n bedrag van R10 000 gekoop het. Is dit nie ongelooflik nie!? Op die einde van die dag is dit sulke dinge wat 'n gemeenskapsradiostasie op die lug hou! Wat mens soms net weer opnuut laat besef, mense gee waarlik om vir dit waarna hulle luister. Dankie! Dankie!.

Ons word oorval met versoeke dat die Bonanza 'n jaarlikse instelling moet word. Wel, ek en Manie het reeds hieroor gesels, ons kyk wat hou die toekoms in. Manie dink saam ons, hy beplan saam ons. Manie is een van die Overvaal Stereo luisteraars se gunsteling, luister maar op 'n Vrydag of Saterdag aand - die mense se versoeke vertel die hele storie.

Dankie Manie dat jy Overvaal nog al die jare goedgesind is.

Ek hou volgende jaar tee... Manie het klaar ja ges, Gerrie ook - ons bou nou net aan 'n datum.

Ek en Bernus was na Maroela Media se seminaar - KLANKGOLF 2018. Baie leersaam gewees. Sprekers het ons behoorlik ingelig en vertel en geleer. Die Maroela Media span het waarlik uit hulle pad gegaan om almal welkom, tuis en gemaklik te laat voel. Dankie vir die wonderlike gasvryheid.
   
   

Daar was talle ander gemeenskapsradiostasies en ek leer maar net weer, elke een het sy eie uitdagings - en sowaar besef ek Overvaal Stereo is op 'n baie goeie plek! Ons het ons uitdagings maar ons doen regtig goed. Ons hoef nie te kla nie. Dankie Here! Dankie luisteraars. Dankie adverteerders.

Ek het met baie nuwe idees terug gekom, want dit was goed om by die ander stasie te hoor. Te leer. Te vra en natuurlik te antwoord.

My boodskap aan elke persoon wat in die bevoorregde posisie is om 'n gemeenskapsradiostasie in julle midde te h - ondersteun daardie stasie! Ondersteun ons hulle nie, maak hulle toe. Indien hulle toe maak, is dit nog 'n storie wat nie klaar geskryf is nie, nog mense wat hulle werk verloor, nog 'n stukkie van jou gemeenskap wat nie gehoor gaan word nie en nog 'n stukkie van ons taal wat nie weer gehoor gaan word nie.!

   
   

In kort is die bal in die hande van almal betrokke - die wat daar werk, wat uitsaai, bemark, luister en adverteer.


Vir elke een wat Overvaal Stereo 96.1fm so sterk maak soos wat ons tans is - dankie! Aan ons Hemelse Vader vir hierdie voorreg - dankie. Ons sal nooit genoeg kan dankie s nie.

Ons oog is op Desember. Glo dit of nie -2018 is besig om dood te gaan soos 'n mens. Die groot hardloop begin binnekort. Ek hoop tot hier het jy ook deur die jaar gesorg vir jou eie magic. Want ons moet ons eie magic maak - die lewe gaan dit tog nie vir ons doen nie.

Komende naweek kuier ons in Fochville met 'n regstreekse uitsending. Meer inligting hoor jy op jou draadloos of op ons Facebook blad.

Geniet die videos en foto's wat ons vir julle plaas. Hou vir hom Afrikaans en geniet.

Mooi loop tot volgende week.
Groete uit die kantoor!
Ignaz.

     
 

U is skrywe van die kantoor leser nommer:

 
 

  Free Web Hit Counter

 

     
     
     

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com