...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 

6 November 2018

 

DagsÍ uit die kantoor.

Ek het laasweek nie baie kom gesels nie. Maar hier is ek nou.

Ons is op 'n drafstap hier by Overvaal Stereo. En is dit lekker!!

Die feestyd is oppad maar voor ons by dit kan kom eers black friday wat kom. Eerste jaar waarvan ek bewus is dat soveel besighede ons daar soek en deel wil hÍ.

Overvaal Stereo kuier by Honda Klerksdorp 23 Novemeber maar ook by Hinterland in Potchefstroom , die Saterdag kry Hinterland Klerksdorp kans.

Dit is funskies en uitnodigings - maar ons kla glad nie.

Park Fietswinkel is terug op die lug by ons - dankie JosŤ.

Ons beplan ook aan skuiwe en veranderings aan OPPAD HUIS TOE - ons vat niks weg nie, ontspan , ons sit by!

 

 


Die span vat vas in Oppad huis toe met die loods program.

 

Hanlie, Jacques en Martin het gaan kuier in Fochville met 'n buiteuitsending . Dankie dat ons genooi was julle.

Overvaal Stereo spog ook met 'n nuwe sosiale media logo. Ons wil soveel kleur as moontlik inbring. Daar is te veel donker daar buite in alle geval.

 

Ek kuier die week by twee vertonings waar Kevin Leo gaan optree ek is vir altwee optredes MC. Dankie vir die nooi.

Nou ja - daarmee saam wens ons jou 'n mooi en geseŽnde week toe - en dan hou ons dit Afrikaans.


Onthou Saterdae ons RugbyRaai saam met Piet de Jager. Elke Saterag van 14h00 af. Wen jou deel! 'N paar rand hier voor die kerstyd kan niemand mos voor nee sÍ nie of hoe?


Hanlie Barkhuizen is ook nou weer agter die mikrofoon en het Saterdag saam met Jacques uitgesaai in SKUD JOU SATERDAG - sy en Stephen Nel sal mekaar aflos.


Dankie dat julle kom inloer - geniet jou week hoor.
Mooi loop uit die kantoor.
 

     
 

U is skrywe van die kantoor leser nommer:

 
 

  Free Web Hit Counter

 

     
     
     

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense Ė www.gsdpotch.com