...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 

20 November 2018

 

Dags uit die kantoor.

Voor ons die besige week aanpak. Hallo uit die kantoor.

Soos julle gesien het, het ons lekker saam Kevin gekuier en dit was die laaste nuus uit die kantoor.

Afgelope naweek was ek genooi na 'n funksie in Klerksdorp waar Emo Adams opgetree het.

Ongeveer 600 mense het gaan saam kuier in die Klerksdorp Stadsaal. En die vertoning was lekker en vreeslik energiek. Regte Emo styl.


 

 


Dankie dat ons genooi was - dit was 'n ander lekker kuier!

Verder het ek reeds kom skryf (elders op die blad) oor die premiere van Frank and Fearless. Kyk vir die resensie elders.

Komende naweek staan bekend as BLACK FRIDAY, en dit is een van die naweke waar Overvaal Stereo behoorlik gaan bont staan. Ons kuier letterlik orals behalwe by die ateljee. Lekker.

Ons besoek Vrydag Honda Auto in Klerksdorp vir die heeldag. Dieslefde dag kuier die span saam vanaf Hinterland Potchefstroom.

Die Saterdag is ons by Hinterland Klerksdorp.

So ons gaan heerlik saam ons luisteraars kuier en vir julle alles vertel wat ons het om te vertel. Kom loer gerus in by een van die buiteuitsendings.

Ongelooflike lekker besige tyd vir ons. En dan is ons stilweg dankbaar!

Ons moet tog vir mekaar s , koop as jy dit kan bekostig maar passop vir die woord skuld.

Ons het statistieke gekry vir die besoeke aan ons webwerf maar ons sal later meer daaroor vertel.

Dit gaan voor die wind by ons.

Geluk aan die luisteraar wat 'n volle R2250 gewen het met ons rugby raai. Dankie Christo Minie wat as borg opgetree het.
 

Tot ons weer gesels en fotos met julle kom deel. Mooi bly. Dit is vreeslik warm, drink maar baie water en bly waar moontlik uit die son!

Ons Bid steeds saam vir ren wat nou brood nodig is.

Die kinderhuis in Potchefstroom se liggiefees begin ook weer 23 November - gaan 'n belewenis wees. Gaan loer gerus. Op die stasie se Facebook blad berig ons baie meer daaroor.

Nou toe - uit 'n warm en stof verwaaide Vrystaat groet ek eers.

Ig

     
 

U is skrywe van die kantoor leser nommer:

 
 

  Free Web Hit Counter

 

     
     
     

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com