...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 

28 November 2018

 

Hallo vanuit 'n droŽ Vrystaat.

Sommer net so inloer hier vanuit die Overvaal Stereo kantoor. Met die feesseisoen op ons, is ons almal aan die hardloop.

Ons het die afgelope week, heerlik gekuier by Honda in Klerksdorp, Jacques was by Hinterland Potchefstroom en die Saterdag was die span by Hinterland in Klerksdorp.

Natuurlik is die reŽl van so klomp buiteuitsendings 'n ander storie - maar ons is dankbaar! Al drie ons buiteuitsendings het klopdisselboom verloop.

Ek plaas 'n paar fotos daarvan.

 

 


HONDA KLERKSDORP...

   

HINTERLAND POTCHEFSTROOM:

   

Eerskomende naweek is weer 'n besige een.

Ons kuier Vrydag in Parys by Total en later Vrydag in Potchefstroom. Hierdie Saterdag sal Jacques weer saam kuier vanaf Parys vir ons buiteuitsending van daar af.

Ondersteun gerus ons uitsendings. En nooi ons, ons kom kuier graag by jou besigheid!

Die liggiefees in Potchefstroom het begin. Ek self was nog nie daar nie, maar ek sal verseker gaan inloer en fotos saam bring en die vertel daarvan.

Ek het saam met Danie Jackobs van die Klerksdorp Rekord en Nellie de la Ry die regtetsfunksie in Klerksdorp bygewoon. Ons het heerlik gekuier!

Dinsdag 27 November hou Overvaal Stereo streeksvergadering. Ons luisteraars word genooi om deel te wees daarvan. Dit vind plaas by Laerskool Noordvaal se saal om 18:00.

Saterdag is ek MC by 'n Mamma en dogter geleentheid in Klerksdorp Stadsaal. Sterkte aan almal wat gaan deelneem.

Lekker saam die legendes gaan kuier by 'n Country Bonanza geleentheid waar hulle opgetree het in Randfontein. Ek dink nie ek woon meer vertonings by nie, ek kuier eerder nou net saam met hulle.

     
     

Kersfees is op ons. Ek hoop julle reŽlings daarvoor is in plek, want tyd raak min. Ons kersbome gaan nou op en ons begin besef - die feestyd is hier. Waar het die jaar met ons heen geloop?

As ons weer gesels is dit Desember.

Hou ons facebook blad dop vir meer oor ons Lekkergoed projek! Ons gaan 17 Desember weer 'n verskil maak.

Hou kop. Hou koers.

Lekker luister!

Ig

     
 

U is skrywe van die kantoor leser nommer:

 
 

  Free Web Hit Counter

 

     
     
     

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense Ė www.gsdpotch.com