...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 

14 Desember 2018

 

Hallo julle.

Wel ek begin met die volgende - en dit is 'n dankie! Vir die span by GSD wat ook nou sluit. Dankie vir die lekker saamwerk - die hele jaar lank. Ons het die webwerf staande gehou saam met julle. My wens is 'n lekker rustyd vir julle.

Daarmee saam sal ons luisteraars agterkom die webwerf gaan vir 'n rukkie kerstyd geniet. Ons sal in die nuwe jaar weer deel en vertel. Maar ons Twitter en Facebook bladsye sal steeds vertel.

Ek het intussen by Afrikaans is Groot gaan kuier en 'n wonderlike ervaring daar gehad. Welgedaan aan elke kunstenaar en elke een wat iewers 'n tou span, die mikrofoon aanskakel, 'n water aangee of hoe ookal. Groot span mense wat daardie wow op die verhoog sit!

 


Ons lekkergoed projek is 17 Desember - dankie aan elke een wat lekkers afgegee het, wat gaan saam sing en wat deel van die projek gaan wees.

Overvaal Stereo het besluit ons gaan kersfees nader aan die huis bring. Ons het ons tuin opgehelder met liggies, Manie Jackson gekry om Vrydag 21 Desember vir ons dorp se mense te kom sing en mense weer bymekaar te bring. Ons is opgewonde, tog ietwat benoud siende dit 'n eerste in Overvaal se bestaan is. Ons beplan om water en koffie te verkoop tydens die konsert. Ons konsert begin 20h00, maar ons gaan die hek alreeds ongeveer 18h00 oop maak vir mense wat beplan om vroeg hulle sitplek in te neem.

   

Indien daar van ons luisteraars is wat van ver kom is u welkom om ons kantoor te skakel - vir navrae oor gastehuise se nommers in ons omgewing.


 

Julle sal die gebeure kan volg op ons facebook.

Ons personeel het jaar eindfunksie gehou by JD 5 in Klerksdorp (fotos elders op die blad)

Dan is dit tyd vir 'n Kerswens. 'n Laaste groet uit die oujaar voor ons saam oorstap na 'n nuwe jaar.

Vir Overvaal Stereo 96.1fm was dit 'n groot jaar. Ons uitdagings was daar - maar kyk ons vandag terug is ons net stilweg dankbaar!

Laasjaar hierdie tyd het nie een van ons geweet wat is volgende nie. En ons was nie seker of ons nog 'n jaar sal hÍ nie, maar ek moet my hoed afhaal vandag vir my span. Ons het net besluit ons gaan nie lÍ nie , ons gaan alles gee en aan die Vader die eer gee. En hier is ons nou. 2018 was 'n mooi jaar en finansieŽl het ons die wa deur die drift gekry. Met genade van Bo is ons skuld vry, en sien ons uit na die nuwe jaar.

Elke adverteerder - julle is die as waarom elke dag vir ons draai. Sonder julle het ons nie 'n radio stasie nie. Dankie ook vir al die buiteuitsendings. Ons was voorwaar bevoorreg!

Aan ons luisteraars - ons wens julle 'n GeseŽnde Feestyd toe. Indien julle weggaan, geniet die blaaskans. Veilig wees op die paaie oor die feestyd.

Mag U nuwejaar net goed inhou. Ons sien uit na wat ook al 2019 vir ons bring. Ons is nie onrealisties nie, ons weet 2019 gaan sy eie uitdagings meebring, maar ons weet ook waar ons krag vandaan kom! Daarom sien ons vir nog 'n jaar met sy onbekende uitdagings en geleenthede.

Dankie vir die saam luister. Elke sms, oproep, e pos of inloer in hierdie jaar. Julle maak ons 'n bevoorregde span.

Dankie dat ons Afrikaans kan praat, saam kan kuier en ons eie magic saam met julle maak.

Elke medewerker van Overvaal Stereo - alles wat mooi is vir julle ook. Ons sien mekaar nie gereeld nie, maar goeie wense ook aan julle gesinne.

Die wat nie weggaan nie, Overvaal staan reg op Kersdag met pragtige programme, skakel gerus in!

Onthou 16 Desember sal die stasie gesluit wees, en geen programme sal op die lug wees nie. Woon gerus een van die talle Geloftefeeste by wat ons adverteer het.

Dankie vir 'n lekker jaar.

Voorspoed vir 2019. Mag dit 'n groot buffer jaar vir elke een van ons wees. Ons glo en vertrou in die nuwe jaar gaan U weer lekker saam luister.

Beste wense
Die Overvaal Stereo span.

     
 

U is skrywe van die kantoor leser nommer:

 
 

  Free Web Hit Counter

 

     
     
     

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense Ė www.gsdpotch.com