...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 

7 Januarie 2019

 

2019 is hier!

 


Hallo daar! En welkom by die heel eerste skrywe uit die kantoor.

2018 was gewees - en nou is dit tyd vir 2019.

Ons het 'n besige Desember agter die rug. Daar is hard gewerk. Van die lekkergoed projek af (fotos elders) tot by die Manie Jackson konsert in ons tuin. Kersvader het ook vir al die kinders lekkergoed uit gedeel voor die vertoning.
 

2018 was weliswaar vir Overvaal Stereo 'n genade jaar

   


Ons maak gereed om 2019 by die horings te pak en hom kaf te draf.

Ons glo al ons luisteraars het 'n geseënde feestyd agter die rug. Ons maak gereed vir terug gaan skool toe wat Woensdag gaan gebeur.

Daar het nie veel gebeur op die nuusfront oor die feesgety nie.

Brandstof is darem bietjie goedkoper! Dit is altyd mos 'n hoogtepunt.

Vir almal wat vandag (7 Januarie) terug is werk toe - nou weer die roetine wat onder die vel moet kom inkruip.

In die nuwe jaar kom daar verseker nuwe ding na ons kant ook maar, hier en daar gaan ons aan programme verander en skuif as ons moet.

Daar is rèèds twee nuwe programme vir Dinsdae aande - "So speel die boere" en "Met Liefde" wat reeds in wording is.

Ons sien uit na vele kuiers en saam gesels dinge. Ons eerste buiteuitsending is ook reeds volgende maand op hande.

Elke nuwe jaar - bring nuwe hoop, nuwe moed, nuwe geleenthede. Mag dit by jou in oorvloed wees.

Ons webwerf was maar stil hier oor Desember, maar kom kuier nou maar weer gereeld, ons is terug en gereed vir byhou.

Ons was ook by die liggiefees in Potchefstroom - daar was derduisende mense. Welgedaan aan die kinderhuis se bestuur en elke een wat deel was daarvan!

 


Lekker luister.

Mooi week en mag die nuwe jaar vir jou en jou mense net goed in hou.

 

     
 

U is skrywe van die kantoor leser nommer:

 
 

  Free Web Hit Counter

 

   
   
   

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com