...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 
Hallo daar uit die kantoor:

12 Maart 2018

 

So is ons alweer by 'n splinter nuwe week en gereed om hom aan te pak met alles wat ons het.

Besige naweek het verby gegaan!!.

Chrisna is terug op haar pos in die kantoor na 'n week van olik wees.

Welkom terug! Ja winter tyd is elke radiostasie se nagmerrie. Want mense kry griep en al daai dinge en dit sę mense moet by die huis bly (Chrisna se geval die afgelope week was heel anders) en dan word daar planne gemaak. Maar elke winter oorleef ons.

Dalk maar die griep inspuiting nader trek vroegtydig.

Saterdag het Jacques weer begin met "PEET SE DINGE" wat elke tweede Staerdag van 'n Maand sal lug toe gaan. Die mense het dit ouder gewoonte goed ontvang en Peet se program ongelooflik geniet! Peet van Staaden kom ook al donkie jare saam Overvaal Stereo en ons is bly daar is nou weer 'n werkbare wyse gevind dat hy kan uitsaai. Dit gaan bietjie beter ook met Peet se geondheid en ons is dankbaar.


Die oor die vaal fees is aangebied die naweek. En daar het die mense van die NG Kerk Viljoenskroon alles uit leef gehaal. In die dorp was daar talle besoekers van buite en dit is goed vir die dorp.

Overvaal Stereo sę nie net ons is in die gemeenskap vir die gemeenskap nie, ons doen dit. Ons was gratis media borg vir die dag en Jacques Smit het gaan saam kuier. Martin het die "boombox" gereed gekry vir die afkondigings en dinge het lekker verloop!. Welgedaan. Goeie geleentheid weereens. Dit was die vyfde jaar.


Oom Karoolus en Lente het die afgelope Sondag by die kerk gekuier en nodoeloos om te sę laat op 'n Saterdag aand is daar inderhaas in gegaan stasie toe vir 'n geselsie. Dankie Stēphan vir die "oortyd" en natuurlik Frikkie vir die Live video vir facebook. Ons het heerlik gesels en voor en na die tyd lekker gekuier. Hulle harte is mooi en rein. En ons weet dat al doen hulle dit al 31 Jaar hulle vir die volgende 31 Jaar voort sal gaan om die woord van die Here op 'n verstaanbare wyse te verkondig. Ek het verstaan die Sondag se kuier by die kerk het net so mooi verloop. Hulle het ook 'n insetsel van IN PAS die tv kanaal opgeneem waar hulle in gesprek was met Ignaz.

Die stasie se facebook bladsy het nou soveel meer admins. Die blad bly lekker besig en aan die gang. Sluit gerus by hom ook aan as jy nog nie het nie. Die blad is ,die hier en nou. So jy wag nie 'n week soos hier om die nuus te kry nie. Dankie aan die admins wat help om die blad besig te hou. , jy kry dit alles daar. As jy soos ek van warm nuus hou is daardie blad die een om op te wees.


Grondgrype - iets waarmee ons almal wakker geword het oor die naweek! Mens wonder wat hou 'n toekoms in Suid Afrika vir ons in.

Mornč Basson sou by ons kom kuier het Maandag om oor sy planne vir die toekoms te gesels , Mornč doen ongelooflik baie vir MNS bewusmaking en ander projekte . Ons het Maandag ogggend eers van sy leedwese kennis geneem met die afsterwe van sy verloofde. Baie sterkte Mornč van Overvaal Stereo se kant af. In sulke tye is al wat ons vir mekaar kan sę is : Sy genade is genoeg vir my.


BONUS BAL 2018:

Die voorsitter , Johan van der Merwe het dit saam ons goed gedink om bietjie terug te gee! Na 25 Jaar gee ons graag terug met, Dankie , in gedagte. Moet nie verbaas wees as een van Overvaal Stereo se verteenwoordigers by jou besigheid opdaag, en vir jou sę na 'n stille besoek - die BONUS BAL val op jou besigheid vandag nie.

Die besigheid wat die bonus bal kry, kry 'n hele week se gratis radio advertensies. Lekker so hier aan die begin van die jaar waar ons almal maar kan doen met iets kry wat ons niks kos nie nč.

Dankie vir die inloer.

Mooi week - ons gesels saam op die lug.

Groete uit die kantoor:

Ignaz. x

Overvaal kuier by Oor die Vaal Fees 2018 'n Lugfoto van Oor die Vaal Fees
   
Stēphan, Ignaz en Jessie saam Oom Karoolus en Lente Die manne was bly om Chrisna terug te hę by die werk soos julle kan sien
   
Mornč Basson en sy ontslape verloofde Wilma Loggenberg (Foto: Whatsapp)

 

 

  Free Web Hit Counter

 

 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com