...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 
Die nuus is nie so baie die week nie:

22 Maart 2018

 

Maar hallo uit die kantoor.

Ons het lekker reen hier in die Vrystaat gehad die laaste week en ons mik alweer vir 'n naweek op hande.

Overvaal het gaan kuier by HUIS SERVAAS in Klerksdorp die afgelope week. Sien fotos , ook elders op die webtuiste.

Parys is benoem as Dorp van die Jaar! Overvaal Stereo het mos ons eie ateljee daar so ons het hande geneem met die dorp in geheel, en het lugtyd af gestaan aan die geleentheid. Ek hoop almal het gestem. Sterkte Parys, sal vir ons lekker wees as julle kan wen! Ons hou styf duim vas.

Die afgelope week was ons gebied weer geruk deur 'n wrede moord op een van Orkney se bejaarde inwoners (78) jaar oud. Ons wil nie sensasie najaag nie, daarom gaan ons die inhoud nie bespreek nie. Een ding wat ons weet, elke moord, elke sinneloose moord ruk ons tot in die siel. Ek kry soms die mense jammer wat hierdie nuus moet lees , by stasies soos ons, jy staan onafhanklik as nuus leser, maar dit raak jou ook. Ons bede is met die tannie se mense. Ons is boeremense... ons voel saam met ander.
 


Ons facebook bladsy doen goed en ons poog om julle deeglik op hoogte te hou daar. Soms het die admin lede ons hande vol met mense wat roekeloos kommentaar lewer . Ons kan dit nie toelaat nie. Ons moet in gedagte hou ons lees nie alleen nie, ander lees saam met ons. En naamskending, laster en al die dinge is aan die orde van die dag. Ons vra nederig, dink twee keer en skryf net een keer. Dit maak dat die nuus kantoor twee keer dink voor ons nuus plaas wat reaksie kan lok en so mis ons mense nuus. Dankie aan die wat die groter prentjie raaksien in die verband.


By die stasie is ons op 'n drafstap. Personeel werk hard, ons is maar 'n handjie vol wat alles doen, maar ons geniet wat ons doen. Dit bly mos maar 'n voorreg om te doen wat ons doen. Paasnaweek is op hande en soos altyd sal die stasie gesluit wees op 'n Goeie Vrydag. Ons sal daardie rel nie verander nie. Sien uit na pragtige geestelike musiek vir u.

Ons het bietjie aan ons stasie se voorkoms verander vir saans en heelwat buiteligte aangebring. Ek deel gerus die foto met julle. Martin is die man wat binne en buite help. Dankie Martiens vir jou hulp orals.

Ek dink dit is die week se nuus uit die kantoor. Ons kan maar net altyd dankie s vir die mense wat kom saam lees, en kom inloer. Vir wie skryf ons tog as ons nie vir julle het wat kom lees nie.?

Volgende week gaan ek bietjie oor Melanie von Steen kom skryf. En met julle deel hoe dit met haar gaan. Maar dit is eers volgende week.

Die wat altyd aanlyn luister - skryf gerus vir ons. Ons wil graag van julle hoor.

Ons het 'n groot volg op die aanlyn luister. Ons kan sien hoe hulle luister uit alle oorde van die wreld. Maak kontak met ons. ateljee@overvaalstereo.co.za


Dit is dit. Hou dit afrikaans, luister lekker saam, ondersteun ons adverteerders en hou dit Afrikaans

Tot volgende week dan, Groete uit die kantoor: Ignaz. x

Die nuwe voorkoms saans by Overvaal Stereo se ateljee, Viljoenskroon... Huis Servaas Klerksdorp - die manne werk hard!
   
Johan (voorsitter van Overvaal Stereo) en Dave bring ons pot om getoets en geproe te word en toe wen ons tweede prys ook nog. Martin Havenga neem 'n blaaskans.
   
Nelmarie het kom saam kuier. Sy is so goed soos deel van die stasie se personeel. Ondersteun altyd.

 

 

  Free Web Hit Counter

 

 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com