...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 
Goeie dag hier uit die Overvaal Stereo kantoor...
 

27 Maart 2018

 


So het daar weer 'n week verby gegaan en dit was een waar ons behoorlik gesend was wat die reen betref! Ons is stilweg dankbaar.

Ek het laasweek al genoem ek gaan in die nuwe week meer kom skryf oor Melanie von Steen...

Dit is iets wat ons vandag nog kry. "Waar is Melanie".? Dit gebeur sommer so as jy in die aanstap kruideniers koop of nog oor die foon.

Melanie von Steen was nou maar Overvaal Stereo. Ons kan nie ander woorde daarvoor h nie. Melanie of Mielies soos sy van die lug af bekend gestaan het onder die personeel het vir 23 Jaar hard gewerk by die stasie.

Sy het 1 Februarie 1994 by Overvaal begin werk en het ook vir jare die stasie bestuur. Die stasie het van krag tot krag gegaan onder haar leiding. Ek as luisteraar het die stasie leer ken na Shylo Valley se ma - Elain van Niekerk ons aan die mooi Afrikaanse klanke bekend gestel het. En die eerste stem wat ek gehoor het was die van Melanie! Snaaks hoe so iets mens by bly n.
 


Wel ek het niks gemis van Overvaal nie. My radio het net een frekwensie geken, die 96.1fm ene. So het mens die mense daar begin leer ken. Ek glo soos talle van u wat nou hier lees.

Ek was 19 Jaar oud toe die ontslape Johan Malan my een nag bel en vra of ek nie wil kom vir 'n stem toets by die gesogte radio stasie nie... ek het half benoud gegiggel en ges nee dankie ek probeer vir drama en televisie, weet van radio niks. Weet ek vandag al iets? Ek wonder baie daaroor!

Na vele moed in praat het ek my cv vir Johan geneem en paar dae later het Melanie se kantoor my gebel, sy wou my sien. Ek sal nooit vergeet watse wrak ek was tydens die rit Viljoenskroon toe van Klerksdorp af nie. Ek kon nie self ry nie, nog nie eers lisensie nie...

Daar aan gekom het my ma hulle buite in die voertuig gewag (soos dit hoort natuurlik) en ek het onseker, bang en benoud DIE PLEK BINNE GESTAP!

 

LEES VOLLEDIGE LEESSTUK HIER >>

 

 

 

  Free Web Hit Counter

 

     
  22 Maart 2018  >>> Kliek hier  
  12 Maart 2018  >>> Kliek hier  
  7 Maart 2018  >>> Kliek hier  
  27 Februarie 2018  >>> Kliek hier  
  22 Februarie 2018  >>> Kliek hier  
     

 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com