...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 
VAKANSIEDAE EN MIN DAE....
 

5 April 2018

 


Hallo hier uit die kantoor! Ek is laat hierdie week. Vakansie dae , bring min dae om waarlik by alles uit te kom.

Ons glo en vertrou julle het 'n geseŽnde paasnaweek agter die rug. En so is alles terug na normaal, die paaie was besig en mense kom platsak terug.

Ek het myself toegespits om met meer aandag na al die paasdienste te luister. Ek het dit my werk gemaak om meer te leer, en te soek in hierdie jaar se boodskap wat ek ander jare gemis het. En ek het elkeen van die vier dienste geniet.

Ons wil vir Ds Dries Cronje van die NG Kerk Moedergemeente Viljoenskroon bedank vir die reeks van twee weke wat hy met omgee kom aanbied het by ons. En 'n pragstuk diens op Goeie Vrydag. Die stasie was gesluit, maar die musiek en dienste was daar.



Decor in die NG KERK VILJOENSKROON se saal tydens die paastyd...

Ons het Sondag vir die eerste keer 'n regstreekse Facebook diens uitgesaai vanuit Klerksdorp. Baie dankie aan die NUWE LEWE gemeente wat ons toegelaat het om dit te doen. Die mense het baie goed reageer op hierdie diens. Dankie aan Stēphan wat my gehelp het met tegnies , dink nie ons besef dit altyd nie, maar vir alles wat gebeur moet daar iemand wees wat dit laat gebeur. Dankie aan my span.


Ons het die nuus gekry dat ons oud kollega - Frederick du Plessis in 'n frats ongeluk beseer is en hy opgeneem is in die ICU in Alberton. Op ons webblad het ons berig soos ons ontvang het. Frederick het goed gevorder en op dag drie is hy van die ventilator af gehaal. Dit was ook die dag wat ek besoek gebring het as oud kollega. Frederick het so dan en wan sy oŽ oop gemaak, en dit was goed om vir Izelda te sien. Teen die tyd wat julle hier lees is Frederick besig om tuis aan te sterk. Sterkte met die aansterk. Ons klomp by Overvaal was en sal seker maar altyd een groot familie bly. En die een se leed is die ander sin. Namens Frederick hulle dankie vir die omgee en gebede.


Frederick word met 'n lugambulans van die toneel gehaas...

Frederick na hy uit die ICU ontslaan is en verskuif is na die gewone saal. Frederick en Izelda du Plessis.

In ons gebied het ons goeie reŽn gehad. Die aarde is nat. Dankie aan Theo van rampbestuur wat ons op hoogte hou van die damvlakke. Teen vanaand (Donderdag 5 April 2018) was die Vaaldam 105% vol. Ons bid steeds vir die Kaap!

Jessie was (is) bietjie met verlof sy is eersdaags terug op haar pos.

Saterdag kuier Overvaal Stereo in Parys met 'n buiteuitsending. Skakel in en luister saam. Jacques gaan saam kuier. Ons pas aan op die lug. Moet nie skrik as jy die ongewone hoor nie.

Dit is 'n lekker klomp geskryf hier.

Dankie vir die inloer.

GeseŽnde week vir al ons luisteraars. Maak kontak, luister saam en geniet.

Laat weet ons waar ons kan aanpas. Ons doen graag.

Ander nuus was Winnie sterf en Zuma gaan hof toe en dit is ook al wat ek daaroor wil sÍ.

Groete: Ignaz

 

  Free Web Hit Counter

 

 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense Ė www.gsdpotch.com