...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 
 
Dag sę uit die kantoor:
 

11 April 2018

 


Ons het verlede naweek lekker gaan kuier in Parys by die Hartelus mark wat met kuns gekombineer was. En was ons aangenaam verras, toe ons daar kom. Dit was nou sowaar 'n kunstefees. Mens is so gewoond aan die normale. Alles lyk dieselfde, die stalletjies het almal dieselfde goed - maar die een het alle verwagtinge oortref.

En die mense wat kom saam kuns het, was nou regtig 'n fees! Van die pukke se studente het komberse gebring en lui lekker op die gras langs ons gelę en luister, orals het mense gesit en kuier. Gefees. Geniet.

Die een foto - die een hieronder, het nogal my oog gevang. Mamma saam die kinders op 'n klip in die water... ek het lank na hulle gesit en kyk en myself die vraag af gevra - wanneer laas het jy dit gesien. Die lewe is so gejaagd , mense staan nie meer stil nie, ons geniet nie meer net die water nie. Ons sukkel eerder om kop bo water te hou! Dit was mooi om te aanskou - die sorgeloosheid op 'n egte manier.



Liefde in oorvloed

 Daar het heelwat kunstenaars kom saam gesels. Was lekker. Bucchus Nel was ook daar en die onderhoud was aangenaam. John James was nuut vir my... hy het kom vertel van sy toekomsplanne. Jongman met groot drome. Ons het gesels oor die opneem van 'n produk - en soos altyd het ek hom verwys na Rian Ungerer. Rian se produkte is altyd radio vriendelik en reg. Daarom verwys ek graag mense na Rian. Sterkte John James - ons hou jou dop.


Johan James voor sy onderhoud saam met Ignaz

Jaques kuier die komende naweek weer in Parys, Granny’s Pie's het Overvaal Stereo genooi om te kom kuier. Daar sal ‘n buiteuitsending gehou word. Ek is Saterdag by die Libery Radio awards. Ek het vir die tweede jaar in 'n ry vir hulle as beoordelaar opgetree. Saterdag sal ons sien wie is die wenners. Geluk aan elke een wat wel die kortlys gehaal het. Ek het net weer die krag van radio besef tydens hierdie reis. Dankie Liberty dat ek weer deel kon wees.

Die manne van DZL kom kuier môre (Woensdag) by ons in Viljoenskroon. Altyd lekker om hulle te ontvang
 


Die manne van DZL kom kuier

Lydia het Dinsdag by die ateljee gekuier saam met die Kitaarkęrels en hulle het weer, soos altyd, 'n klomp cd's gelos vir pryse. Dankie Lydia. Ook al 25 Jaar se saam stap radio gewys. Een van min vir wie mens moet vra... maar dit daar gelaat.


Hennie, Lydia en Jacques.
 

Ek het my nuus vir die week met julle gedeel. Dankie vir die inloer. Ons facebook bladsy groei teen 'n snelle tempo. En so ook die besoeke aan hierdie nuwe gedeelte van die webblad.

Onthou om van WAT GEBEUR WAAR gebruik te maak - skole, kerke en nie winsgewende organisasies. Dit kos R120 per week. Dit is die perfekte plek en dit is sakpas. Skakel vir Chrisna by 056 343 2077 as jy meer wil weet.

Beste wense vir die week wat voorlę.

Groete.

Ig.

 

  Free Web Hit Counter

 

 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com