...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 

#OORWIN KONSERT

 

Overvaal Stereo 96.1fm in samewerking met iTicketsSa en J Records het besluit ons gaan konsert hou tbv die Horskool Driehoek slagoffers.

Ignaz het saam met Albertus en Ruan Josh ingespring en een reuse konsert is binne 10 ure aan mekaar gesit.


Alles het in 10 ure gebeur. Saal, kunstenaars, klank, beligting. Alles in 10 ure.
 


Daarna het die kaartjie verkope geopen en in minder as 72 uur was al 2500 kaartjies opgeraap.

Ons het ook 100 gaste genooi en op 16 Februarie 2019, presies 15 dae na die brugtragedie, het die mense opgedaag by die Emerald Casino waar hierdie groot geleentheid aangebied is.


Jo Black, Willem Botha, Juanita, Ruan Josh, Franja du Plessis, Manie Jackson en Brendan Peyper het almal gratis kom saam sing vir die doel.

   
   


Die konsert was een groot sukses en dinge het mooi verloop. Daar was beloftes uit die gehoor vir R13 000, R10 000 en R5 000.
 


Mense het net gegee! Almal wou iets gee. En vir almal wil ons dankie s!

Elke borg wat ons genader het, dankie!

Elke een wat saam gewerk het, dankie! Aan die hele Overvaal Stereo 96.1fm span, dankie.

Ignaz was die seremoniemeester en die bekende Altus Theart van Getroud met Rugby faam het hom bygestaan.

Die konsert is afgeskop met 'n oomblik van stilte vir die wat hulle lewens verloor het. Daarna het die skoolhoof 'n spreekbeurt gekry. Die voorsitter van Overvaal Stereo het net daarna die geleentheid geopen met gebed en 'n lied.

Die gehoor is ingelig dat dit nie 'n gewyde program is nie, en dat hulle gerus nou kan ontspan.


Die mense het later voor die verhoog kom dans en hande klap.

Al die kunstenaars het wel 'n gospel gunsteling ingewerk met 'n boodskap van Hoop.

Die geleentheid se slagspreuk was #Oorwin, wat ook in die skool se leuse voorkom.

Die Currie en Steyn families wat hulle kinders verloor het, was teenwoordig asook Roydon se twee boeties. Overvaal Stereo het versoek dat hulle ten alle tye deur die media met rus gelaat sal word en dat die media hulle die "af gee" geleentheid gun om in vrede te kan deel h in die konsert ... dit het ook so gebeur.

Na afloop van die vertoning het die twee mammas elkeen 'n reuse ruiker van almal betrokke ontvang agter die verhoog en nie voor die publiek nie.

Die boeties en sussies van die slagoffers wat af gesterf het, het eksklusief geleentheid gehad om van die kunstenaars agter die verhoog te ontmoet.

Mense het hulle harte en omgee kamers van die siel met hierdie ding laat oopgaan. Dit was net ongelooflik!

Ons het nog nooit soveel omgee beleef en ervaar nie...

Dit was 'n groot hoogtepunt vir 2019 om te sien hoe mense kan saan staan. Kan help. Wil help.



Geniet ook die paar fotos... en soos Ignaz vir Altus ges het toe hy die see van mense gegroet het aan die einde van die konsert... .. Bly Bid vir Vanderbijlpark.

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com