...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
Program skedules vir Overvaal Stereo:

Maandae tot Vrydae:
 

06:00 - 09:00: Klankkoerant Oggend. Vanaf Pretoria Fm. Gevul met nuus, sport, weer, ateljee gaste en lekker kuier musiek.
09:00 - 13:00: Laat ontbyt vanaf Parys Ateljee.
Anker omroeper Jacques Smith.
13:00 - 14:00: Klankkoerant Middag vanaf Pretoria Fm.

Hierdie program fokus hoofsaaklik op die dag se Nuus gebeure. En hou ons luisteraars goed ingelig van dit wat op die nuusfront aan die gebeur is.
14:00 - 16:15: Middag kuier en Gesels:

Hierdie program word aangebied deur: Piet de Jager.

Woensdae is Jessie Lang die anker omroeper met die gewilde HEMELKLANKE program.
Anker omroeper: Piet de Jager.
16:15 - 18:15: Oppad huis toe saam met die Laaitie aangebied deur Ignaz Streicher.

16:15 Nuus.
17:00 Sport Nuus.
17:15 Nuus / Weer.
17:30 Finansies.
18:00 Nuus en opsommende Weer.

*Verkeersnuus en plaaslike nuus met hoofstories op die uur word tydens hierdie program bespreek.
*Kunstenaars gesels saam.
*Vrydag Ekstra fokus op wat die week se nuus gebeure en daar word gekyk na die week wat was.
*Nuwe musiek word ook op gereelde basis hier bekendgestel.
18:15 - 20:00: Jessie Lange kuier saam met ‘n verskeidenheid van programme weekliks…
Program Anker: Jessie Lange
Na 20:00 saans het die stasie verskillende programme op die lug wat saamgestel word. Ook met 'n deurnag program wat uitgesaai word van 00:00 tot 05:00. Luisteraars kan ook vroegoogend uitsien na Landbou Radio en ons kuier ook saam rondom die Woord van God.


SPESIALE PROGRAMME DEUR DIE WEEK SIEN SOOS VOLG UIT:
 

 

Maandae

19:30 - 21:00
21:00 - 23:00

Afrikana:
Waar ons die geskiedenis onthou. Musiek speel wat daarby pas met gedigte, boek voorlesings en meer saam Piet de Jager.

Kruispaaie Nasionaal saam Braam en Hanli.

Meevallertjie saam met Ignaz Streicher. Laataand Stereo kry hier nuwe lewe. Ignaz stel musiek saam van die huidige treffers tot daardie goue oues.

Dinsdae

20:00 - 21:00 Regspraak saam met Pretoria fm.
21h00 - 21h30: Afrikaans Aktueel saam met Pieter Cloete
21h30 - 22h30:

R100 Koop 'n Liedjie program waar Jessie Lange net musiek speel wat deur ons luisteraars gekoop is tydens 'n Overvaal Stereo projek.

22h30 - 23h00: Kruispaaie Nasionaal saam met Braam en Hanli.
23h00 - 23h30: Meevallertjie saam met Ignaz Streicher. Laataand Stereo kry hier nuwe lewe. Ignaz stel musiek saam van die huidige treffers tot daardie goue oues.

Woensdae

21:00 - 22:30: Die immergewilde TOP 20 word aangebied. Jy kan ook stem vir die Top20 deur te sms na 34961.
Anker omroeper: Jacques Smith.
22:30: - 23:30
Kruispaaie Nasionaal saam met Braam en Hanli.

 

Donderdae

20:00 - 21:00:

Bybel vasvra opgestel en aangebied deur Jessie Lang.
Luisteraars neem aktief deel en daar word geestelike musiek tydens hierdie program gespeel.

21:00 - 22:00: KUNSTENAARSDEBUUT:
Waar ons met kunstenaars gesels, produksies, vertonings en bekendstellings gaan bywoon en met opnames terug kom om met ons luisteraars te deel.

Onderhoude wat deur die dag gevoer word op die lug word later weer hier herhaal, vir die mense wat dit misgeloop het.
22:00 - 23:00: Kruispaaie Nasionaal saam met Braam en Hanli.
23:00 - 23:30: Meevallertjie saam met Ignaz Streicher. Laataand Stereo kry hier nuwe lewe. Ignaz stel musiek saam van die huidige treffers tot daardie goue oues.

Vrydae

20:00 - 23:30:

Vrydagaand versoeke is 'n jare lange instelling en een van die bekendste programme op die lug by Overvaal Stereo 96.1fm. Luisteraars kry die geleentheid om in te skakel, musiek te versoek en 'n boodskap regstreeks uit te saai.
Program Anker: Jessie Lange.

Saterdae

06:00 - 09:00: Ontbyt Jolyt word vanuit die Viljoenskroon ateljee aangebied.
Program Anker: Jacques Smith.

DITJIES EN DATJIES word Saterdae aangebied en luisteraars kry die geleentheid om dit wat in die pad staan te verkoop.

Jy kan hier ook soek na items. Besighede kan nie van hierdie program gebruik maak nie! Hierdie program is ‘n gratis diens aan die gemeenskap. Sms gerus na 34961. (R1.50 per sms).
 
09:00 - 13:00:

Skud jou Saterdag.

Dit is 'n tydskrif program. Hier word die luisteraar gereed gemaak vir naweek wat voorlę. Die program het 'n ontspanne naweek aanslag met goeie tempo musiek, nuus, weer en allerlei lekker luister inhoud. In hierdie program poog die omroepers om jou Saterdag te skud. Hierdie program word om die beurt aangebied deur twee van die stasie se omroepers.

PROGRAM ANKERS:Stephen Nel.

13:00 - 16:00:

SATERDAG MIDDAG KUIER:
Ons program Saterdag middag kuier se naam sę dit als. Hier kuier die omroepers saam die luisteraars wat besig is om 'n vleisie te braai, kar te was of sommer net lekker te sit en kuier onder die lapa na die week se werk. Die program is gevul met Nuus en weer. Dit skop af met drie in 'n ry Klipwerf klanke en die tempo van die musiek is ook op die Saterdag gemik. Om ons luisteraars op hoogte te hou van Sport gebeure bied ons SPORT INSETSEL SAAM MET PIET DE JAGER om 15:00. Hier doen hy verslag oor die week se sport, dit wat nog voorlę vir die naweek en die gebeure waarna ons kan uitsien in die węreld van sport in die komende week. Piet fokus ook op plaaslike sportsake in ons uitsaaigebied.

PROGRAM ANKERS: Stephan Janse van Rensburg.

16:00 - 17:30: Die immergewilde TOP 20 word aangebied. Jy kan ook stem vir die Top20 deur te sms na 34961.
17:30 - 18:30:

MENGELMOES van Boere en Dans orkeste opgestel en aangebied deur Jessie Lange. Hier word boeremusiek en dans musiek gespeel vir ons talle boeremusiek liefhebbers. Dit is geen geheim dat hierdie een van ons gewildste programme op die lug is nie. En die luisteraars neem aktief deel.

18:30 18:45:

Aand Oordenking – die Woord word aangebied deur verskeie omroepers

19:00 - 19:10 Naweek Nuus en ons kyk na die weer vir die res van die naweek.
18:45 - 19:30 Saterdag Aand tuis:
Kuier saam met Jessie Lange waar luisteraars wat nie die vorige aand hulle versoeke kom aanvra nie, kan inskakel, musiek aanvra en 'n persoonlike boodskap kan stuur aan geliefdes.
22:00 - 23:00 KEEP IT COUNTRY SAAM MET LANCE JAMES:
Lance bied 'n spesialiteitsprogram aan gevul met goeie musiek en kennis.
23:00 - 23:30 Saterdag aand Meevallertjie saam met Ignaz Streicher.
23:30 ELKE SATERDAGAAND IS DIT TYD VIR DIE BYBEL VIR VANDAG:
'n Program wat fokus op die Woord van die Here. Dis gevul met inspirasie en bemoediging.

Sondae

00:00 - 00:00:

Die stasie se Sondag begin reeds net na middernag op 'n Saterdagaand. Ons poog om Sondae slegs gewyde musiek te speel en die program formaat bly dieselfde tot Sondag middernag. Ons staan 'n volle 24 uur af aan ons Godsdiens en gepaste musiek.

09:00

Ignaz met Oggendlof.

11:00 'n Ere diens.
13:00 Sondag middag
15:00 Hemelklanke saam met Jessie Lange word herhaal.
19:00 Sondag aand Erediens:
Kerke is welkom om met die stasie te skakel indien u belangstel om ons hande te neem met die opneem van dienste. Stuur gerus ‘n e pos aan die bestuur by admin@overvaalstereo.co.za
20:00 - 21:00: Musiek en Gedagtes wat bemoedig en inspirer, boekvoorlesing en Gebeds-versoeke saam met Jessie Lange.
21:00 - 21:30 Bybel vir Vandag met ds Johan van Schalkwyk
22:00 - 23:00 TOT EER VAN DIE HEER saamgestel en aangebied deur Ignaz Streicher.


Overvaal Stereo 96.1 fm neem graag hande met media huise en instansies wat sinvolle, beleid aanvaarbare programme in Afrikaans verskaf vir uitsaai doeleindes. U is welkom om program voorleggings te maak aan die dagbestuur vir Overvaal Stereo 96.1fm.

Kontak ons by:
Kantoor 056 343 2076/7
E pos: Aandag Program Bestuurder – admin@overvaalstereo.co.za
 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense – www.gsdpotch.com