...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 

Steentjie Projek 2018

 

Overvaal Stereo het "Die steentjie projek 2018" geloods met Ignaz as bestuurder aan stuur van sake.

Hierdie projek het ten doel gehad om 299 steentjies te verkoop teen R100 elk en het gedien as 'n fondsinsameling vir die radio self. Na die 24 uur wakker bly en dorpe besoek - het die span agter gekom daar is reeds 421 verkoop.

Na afloop van die projek het mense en besighede steeds aanhou inbetaal en is daar bykans 500 steentjies verkoop reeds.

Die personeel van Overvaal Stereo is steeds oorstelp van dankbaarheid. Luisteraars het die geleentheid gekry om 'n steentjie te koop waarop hulle naam geskryf is wat wys wie het gehelp bou.

Dankie aan elke een wat 'n steentjie gekoop het.

'N tweede bord word nou aangebring met die komplimente van Printing Things Potchefstroom. Dankie Dries!!

Geniet 'n foto beeld...

 
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
   
 

 

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com