...
 
 
 
 
 
 

  

   

 
 
 

WELKOM BY ONS...

 

Overvaal Stereo verwelkom vir Jaco de Waal asook Somari Steyn.

Jaco was die week van tyd tot tyd te hoor op die lug net as "die skim" maar vandag het Overvaal Stereo hulle beide verwelkom en kry die skim nou 'n naam.

Somari kom uit die radio wese waar sy aan stuur was van 'n radio stasie se kantoor in Gauteng.

Jaco het ook drie jaar diens by 'n gemeenskapstasie agter die rug en het ook verhuis van Gauteng. Jaco sal van Maandag af die oggend skof op Overvaal Stereo hanteer tussen 09:00 en 13:00 en Saterdae van 06:00 tot 09:00.

Somari is reeds tuis in ons kantoor en sal ook van tyd tot tyd op die lug gehoor word.

Welkom by ons - dit is lekker om twee sulke dinamiese persone te verwelkom by ons . Beide se radio passie is aansteeklik!

Lekker werk. Lekker uitsaai en lekker magic maak.

Vandag het die personeel die twee verwelkom met spookasem vonkelwyn, koek, koeksisters en baie lag.

 

   
   
   
   
   

 

Die 96.1 Overvaal Stereo webtuiste word met trots geborg en onderhou deur GSD Potch die web mense www.gsdpotch.com