12 Maart 2019

Hallo julle.

Dit was ‘n wyle maar hier is ek.

Soveel dinge in ‘n klein rukkie!

Daar was die heerlike Country opskop wat ons gaan bywoon het.

Dit was lekker om die 3000+ mense daar bymekaar te sien was nog soveel lekkerder!

Dankie Mara vd Berg wat ons genooi het. Elke kunstenaar het ook ‘n geskenkie gekry. Ek het ook een gekry en hy moet verseker geraam word! Spesiaal.

Jody Wayne is tydens hierdie geleentheid vereer vir sy lewenslange bydrae tot die musiek bedryf. Hy sing al 65 jaar! Baie mense word nie eers so oud nie.

Geluk Jody. En sterkte met die gesondheid. As mens kyk na die kommentaar op sosiale media kan mens sien dat hy na 65 jaar steeds almal se liefling is. Mense dra nog sy belange op die hart!

Daar was die Decibel Reunie waarheen Lydia Winchester ons genooi het. Dit was nou ‘n lekker funksie.

Almal wat deel was van Decibel was daar. Lydia het genoem daar was oor die 200 gaste.

Overvaal Stereo het onder andere met mense soos Anneli van Rooyen, Martin Lane, Carike Keuzenkamp, Jennifer Zamudio en Manie Jackson gesels.  André Schwartz was ook daar en die man se sin vir humor is nog net so skerp soos altyd. André hanteer alles wat met hom gebeur, baie goed! Ons het besluit om nie daaroor te vra of daaroor te praat nie.

Niekie van den Berg was ook daar en het namens die media gepraat. Ons verstaan hy is nou betrokke by ‘n skool. Dit was’n voorreg om daar te kon wees. Tobi Jooste was saam ons aan tafel – dit gaan goed met die man. Nog net so netjies soos toe ek hom ontmoet het. Tobi is ‘n aansteeklike mens. Hy borrel van humor. Hy het die trippel A’s se optrede geniet. Mens kon dit duidelik sien.

Overvaal Stereo was ook terug Vanderbijlpark toe vir ‘n voel goed storie! Ons het gaan berig oor Wynand – ‘n matriekseun van Hoërskool Driehoek se Troospakkie-projek. Was so lekker om bietjie oor die goeie nuus te kon vertel en berig, na al die hartseer en drama.

Maart 2019 is reeds in die helfte. Kan mens dit glo!

By die stasie het ons besluit die buitegebou moet ‘n nuwe baadjie kry en die verfrollers kreun behoorlik hier by ons. Ons het ook die diens van Klerksdorp se klein vegtertjie, Lianè Jacobs gaan dek. Lianè het haar stryd verloor na sy van November om haar lewe geveg het. Die storie dra ons op ons facebook blad.

Hier in die Vrystaat het ons lekker reën gehad. Ons is dankbaar saam die boere.

Aardklop stel hulle program oor 100dae bekend. Dit voel of die jaar op hol is. Ons sien uit na Aardklop 2019

 

Daar was intussen ‘n buiteuitsending by die NG Kerk se bulletjie rugby-dag ook.

Het jy al vir ons gestem vir die Liberty Radio Toekennings? As jy nie het nie, stem gerus, jy kan selfs R40 000 ryker wees aan die einde.

Dit is dit vir nou hier uit die kantoor.  Lekker bly tot ons weer gesels.

Groete.

NOTA: DANKIE AAN ELKE EEN WAT DIE HS DRIEHOEK KONSERT ONDERSTEUN HET!

Ig