16 April 2019

Hallo julle!

Hier by ons brand die vreugde vure hoog!

Ons het musiekfees gehou, ‘n Liberty Radio toekenning gewen en ons maak reg vir Ghoemas 2019.

Dat mens by ‘n punt begin…

Dankie aan elke kunstenaar wat sy/haar tyd gegee het vir die musiekfees. Ek moet seker maar eerlik wees en sê ek is nie seker wat is die toekoms van feeste nie?!

Dit is asof mense uitgekuier raak hiermee. Maar ons is dankbaar vir elkeen wat by ons twee dag fees was.

Die Saterdag het ons 17 kunstenaars gehad en die Sondag 6.

 

Elke een het sy/haar eie ding kom doen! Dit was wonderlik.

Serenade was ook daar – eerste keer wat ons met hulle kennis maak op ‘n verhoog! Die manne gaan dit ver bring! Die mense het behoorlik gegons na die tyd! Hulle is vars en nuut op die horison. Hou hulle maar dop hoor.

Hendrik van Select/Sony was daar, Mara vd Berg van LJ Entertainment, Ian Bossert en Ferdi Steyn – dankie vir julle teenwoordigheid!

Dankie aan Grootbosch ook dat ons die fees daar kon aanbied. Dit was waarlik lekker. Die weer was perfek. Elke een wat kom groet en ondersteun het. Dankie!

Toe het ons Saterdagaand op nog ‘n hoër noot afgesluit! Ons het ‘n LibertyRradio toekenning gewen! Dankie aan elke een wat vir ons gestem het. Hou maar tred met jou gemeenskapstasie – hier is die bewys ons luisteraars is lojaal en getrou! Aan hulle stasie, sy mense en adverteerders!

Ons dank is groot! Ons bestaan al 26 jaar – iewers doen ons iets reg. Maar al doen ons alles reg, en ons het nie die luisteraars nie, help dit ons niks. Ons is baie baie dankbaar. En geluk aan al die ander stasies ook, wat nou met ‘n toekenning teen die muur spog.

Ons moes die geleentheid mis agv ons musiekfees – maar dankie Sarina Frauenstein van Pretoria Fm wat vir ons ingestaan het. Simbolies – sy het hom namens ons, vir elke gemeenskapstasie ontvang.

Dankie aan Liberty vir die geleentheid en dat ons deel kon wees daarvan.

Ghoema’s 2019 is komende Woensdag!

Aan elkeen wat genomineer is, sterkte! Ons sal wel op ons facebook blad verslag doen en meer vertel. Dankie dat ons genooi is.

Geniet ‘n mooi week! Mag hy vol mooi verrassings wees soos ons sin laasweek.

Dankie vir die besoeke aan ons webwerf ook. Ons waardeer dit.

Le Roux vorder goed op sy weg Kaapstad toe. Julle kan hom volg op sy facebook blad en kyk waar is die man en wat vang hy aan.

Ons praat dan volgende week weer – vir al die nuus en daaglikse inloer word deel van ons facebook blad, daar kuier ons kort kort.

Lekker bly.

Ig