25 Januarie 2019

Hallo uit die kantoor!

So het nog ‘n week by ons verby gesluip. En Januarie se 365 dae gaan ook al verby! Ek glo, na die lekker van Desember, lê daar ‘n hele Januarie wat mens jaar na jaar ‘n les kom leer.

Wel ek hoop jy het soos ek kop gehou oor die feestyd, as jy dalk nie het nie, dan moet kan jy ontspan – jy is amper daar.

Ons groet vir Jacques soos ek al geskryf het. Jacques het ‘n ander pos in Parys aanvaar. Ons sê eerstens dankie vir 23 Jaar se hard werk. Jacques was net 19 jaar oud toe hy by Overvaal Stereo begin werk het.

Hy het in 1995 aangemeld vir diens.

Hy is getroud hier, het trotse pa van twee geword en het sy eie merk hier kom los. Maar ons wens Jacques net alle voorspoed toe op sy nuwe reis . Hy sal nog gereeld kom hallo sê.

Mooi loop Jacques! En dankie vir alles. Jacques word Vrydag 25 Januarie 2019 gegroet op die lug en die program sal herhaal in kunstenaarsdebuut.

Die stasie het vir Jaco de Waal en Somari Steyn intussen verwelkom by ons (foto’s elders). Jaco kan gehoor word elke weeksdag van 09:00 tot 13:00 en Saterdae van 06:00 tot 09:00. Hy sal ook voortaan die gewilde Top 20 by ons aanbied.

Somari gaan in ons kantoor werk en sal ook van tyd tot tyd op die lug gehoor word.

Verder gaan dit goed by ons. Ons nuwe webwerf is oppad! Ons skuur en skaaf tans aan hom.

Hanlie trou amper!

Ons kyk uit vir die reën wat moet kom. Ons het die laaste week of wat ‘n reuse hittegolf ervaar – maar ons glo die reën is weer naby.

Elana Barkhuizen se aansoek slaag ook die week, haar skorsing word opgehef, maar dit lyk my of haar stryd nog nie verby is nie.

Ek moet groet. Maar ek kom kuier weer saam volgende week.

Alles van die beste daar by jou. Goed gaan!

Ig