3 April 2019

Lanklaas gesels.

Audrey karring elke week aan my – skryf! Maar die lewe gebeur!

Tyd snel by ons verby. Ons het al lekker gaan rondloop, onderhoude gaan haal, magic gemaak en aanhou uitsaai!

Die dinge gebeur en 2019 het net nie remme nie!

Die Groot Country vertoning waar ons was, was heerlik. Sien die video onder videos.

Marius is terug by die stasie. Hy is weer ‘n klank ingeneur en ook op bemarking.

Ons het gaan kuier by SNOTKOP EN VRIENDE se vertoning. Was heerlik en die mense se gees so aansteeklik! Baie dankie MarketingZoo vir die nooi.

Julle kan ook die video elders op die blad sien.

Overvaal Stereo hou musiekfees 13 & 14 April. Ons gaan groot by Grootbosch! Kaartjies is nou beskikbaar by ons kantoor, so kry joune en kom kuier saam met ons. Kom deel in die pret saam met ons.

Kom geniet die die 21 kunstenaars wat gaan optree oor die 2 dae vir slegs R120 per persoon.

 

Ons moet projekte loods, maar hulle kan net werk as julle saam kom kuier. Skakel ons by 0563432076 vir jou besprekings. Dankie ook aan elke kunstenaar wat Ja gesê het.

Intussen het die stasie bietjie ‘n nuwe baadjie aangetrek. Dit was tyd! Ons is trots man.

 

Ons was ook by die Decibel kuier soos julle al fotos gesien het elders op die blad. Dankie vir die nooi Lydia Winchester. Dit was ‘n groot voorreg om in een vertrek te wees met mense wat die hele bedryf begin het. Regtig ‘n oomblik wat onthou sal word!

Nou toe, ek hoop ons sien julle almal by die lekker fees.

Lekker luister na Jou Klank Jou keuse 24/7.

Hou hom Afrikaans! Ons gaan groot!!

Groete tot later!

Ig