8 April 2019

Uit ‘n pap sop nat Viljoenskroon – hallo almal.

Ons is baie dankbaar vir die reën wat orals geval het.

Ons het die afgelope naweek gaan stap saam met Leroux van die Kokkedoor faam. Die man stap Kaap toe. Ons het 47 kilometer saam hom afgelê tot in Parys. Uitdagings was daar verseker – maar dit was regtig lekker.

Ek en Jaco het die stap ding gedoen en alhoewel ons maar seer isvandag – weet ons waarom ons dit gedoen het. Ons gebede vergesel vir Leroux verder. (Fotos elders op die blad).

Ons hou die naweek wat kom musiekfees. As jy nog nie kaartjies gekry het nie – kry by die hek. Die datum is 13 en 14 April by Grootbosch. Kom ondersteun asb die kunstenaars wat ons ondersteun. En weereens dankie aan elke kunstenaar.

Overvaal Stereo is een van die finaliste vir die “My radio” kategorie vir lojaalste luisteraars. Dit is vir ons reeds genoeg dat ons dit tot daar gemaak het en ons kan net vir elke luisteraar wat gestem het, dankie sê! Ons waardering is groot.

Die wenner word komende Saterdag aangewys.

Ghoemas lê volgende week voor. Sterkte aan elke kunstenaar wat ‘n nominasie ontvang het. Overvaal Stereo is genooi so ons sal julle kom vertel.

Winter 2019 kom. Ons voel hom.

Lekker week – kry ons op facebook en kuier daagliks saam ons.

Lekker bly.

Ig